My geheim vir ’n gesonde lewe
- Mense wat inspireer
- Minette Visser
MINETTE VISSER glo jy moet die lewe vanuit ’n holistiese oogpunt benader en seker maak dat alle fasette in balans is om regtig gesond en gelukkig te wees.
Begin vandag nog om gesond te leef
Wanneer die lewe druk, gryp baie van ons na ’n kruk om ons deur moeilike en stresvolle tye te help. Daardie kruk kan enigiets wees, van kos tot alkohol of selfs buitensporige inkopies.
Wanneer jou lewe buite beheer voel, is dit belangrik om die balans te herstel. Die manier om dit te doen, is om vanuit ’n holistiese oogpunt na jou omstandighede te kyk.
Jou verhouding met kos gaan oor meer as eet. Kos is soveel meer as net iets wat jy moet “doen” om te oorleef. Dit is gekoppel aan jou emosies, herinneringe, en selfs aan jou sosiale interaksie.
Ons vier dikwels geleenthede met kos en bederf onsself soms met ’n lekkerny of twee. Maar vir party mense ruk dit hand uit.
Wanneer jy dus te veel of te min eet, is die oorsaak dikwels onderliggend en kan jy dit net oplos ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
LIZZ MEIRING het nie veel meer as toneelspeel nodig om energie binne haar los te maak nie. Daarom glo sy dat elke persoon moet leef ...
LIZETTE VOLKWYN se passie is om mense te help om hulle volle potensiaal te bereik. Sy voel dit is haar lewensdoel om vir ander hoop ...