My ma se gebed red my lewe
- Hoopstories
- Manie Jackson
Ek lewe met ’n dankbare hart. Teenoor ma’s wat vir hulle kinders bid en teenoor God wat na sulke gebede luister. Ek deel God se goedheid. Ons hier-wees op aarde is niks anders as genade nie.
Ek is laat en daar is net een uitweg: voet in die hoek. Die pad is donker en ons is moeg, maar daar is nie nou tyd vir rus nie.
My eksvrou se selfoon piep. ’n SMS van my ma. Sy lees dit hardop en ek glimlag.
Dis net weer ’n bevestiging dat Ma altyd op haar knieë bly vir haar kinders.
Skaars vyf minute later gebeur die ondenkbare. Uit die niet verskyn die buitelyne van ’n enorme vragmotor wat reg voor ons in die pad staan, sonder ligte of waarskuwingsdriehoeke.
Die opsies flits deur my kop: “As ek links draai, gaan ek by die brug afjaag.
As ek regs draai, gaan ek onder die vragmotor inry.”
Dis te laat om stadiger te ry. Te gevaarlik om links of regs te swenk. So, dít is dit. Hier kom die dood, dink ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
“Ons is hier op aarde om God te dien”, het my ma my van kleins af geleer. “Jy moet goed wees vir ander, maar jy ...
Ek het die gebruik van my bene verloor. My toekoms gaan afhang van hoe ek met hierdie wrede werklikheid gaan saamleef. Want ek wil nie ...