SERAHNI SYMINGTON het tydens die Oulike ma–bederfdag gesê om te onthou dat jy daar is om jou dogter te lei om haar potensiaal vir geluk te realiseer.
Jy is jou kind se rolmodel en die maatstaf wat sy in die lewe gebruik. Daar is sekere goed wat jy doen wat ’n samelewingsbeginsel is en wat vir haar die norm word.
As julle elke aand in julle huis saam eet, word dit die norm. As kinders by ander mense gaan kuier en hulle maat se ouers eet nie saam aan die tafel nie, dink hulle: Hierdie mense is weird. Hulle eet nie saam nie.
Wat jou dogter by jou sien word haar normaal
Dit wat jou kinders in jou huis sien, en by jou sien, word hulle normaal. Dit word die maatstaf wat hulle gebruik om ander gesinne te meet.
My dogtertjie is nou in die fase van crop tops. Crop tops is in. Toe sê ek vir haar: “Jy is nie sexy nie, jy is ’n kind, nè? Jy dra nie crop tops nie. Die enigste manier hoe crop tops in my huis vlieg, is met ’n toppie onder aan. Ek wil nie jou maag sien nie.”
Nou die dag gaan sy uit na ’n partytjie en ek moet saamgaan. Al die ander tienjarige meisies dra crop tops. Almal. Elke liewe een.
Ek dink: Nou gaan ek raas kry. Maar sy sê vir my: “Mamma, hulle ken nie jou reël nie, nè? Hulle weet nie dat meisies van ons ouderdom dra nie dit nie.”
Dit is ons normaal.
Wat is jou normaal? Hoe tree jy as ’n rolmodel vir haar op?
Onthou, jy is daar om jou dogter te lei om haar potensiaal vir geluk en selfvoorsiening te verwesenlik. Jy kan dit doen deur ’n klankbord te wees, ’n ondersteuner en ’n vriendin.
Partykeer wil kinders net troos hê, nie die oplossing nie. As jou dogter na jou toe kom met ’n probleem, vra haar: Wat het jy nodig – troos of ’n oplossing?
Soms wil hulle net hê jy moet luister. Baiekeer sê meisies: “Ek wens net my ma wil luister.” So, luister net! Maar ons luister om te reageer.
Ek sê baiekeer vir my kind: “Sounds as if you are having a hard moment.” En dit is al.
Julle verhouding bepaal haar toekomstige verhoudings met ander mense
Dit is die lekker ding van ’n verhouding: As jy twee ja’s uit iemand kan kry, dan weet jy jy het hulle.
As my kind baie ontsteld by die huis aankom, en sy is baie emosioneel, dan sê ek vir haar: “Dit was moeilik.”
“Jaaa …”
“En jy wil seker net by die huis …”
“Ek wil.”
Dan weet ek, ek het haar. Sy het twee ja’s gegee, sy weet ek is aan haar kant. “I’m in your corner, girl. Ek is hier.”
Julle verhouding as ma en dogter gaan bepaal hoe jou dogter se toekomstige verhoudings met ander mense gaan wees.
Die belangrikheid van ’n ma-dogter-verhouding is onderstreep deur ’n studie wat gewys het dat die verhouding tussen ma’s en dogters die sterkste is van enige ouer-kind-verhouding. Dit dien as die hoeksteen van enige toekomstige verhouding(s) wat ’n vrou met die mense om haar het.
Hawes is geskep vir bote om aan te doen om skade aan en foute op die boot te herstel en om hulpbronne – soos kos en water – op die boot aan te vul.
As jou dogter uitgaan, is sy soos ’n skip wat jou huis verlaat. Sy gaan in die wêreld in, en ons weet dat die wêreld vandag baie meer uitdagend is as toe ons jonger was.
Ons stuur hulle in die wêreld in met sy branders en, soos my seuntjie sê, tiger sharks. En partykeer kry die boot skade. Soms raak die water op en partykeer is daar nie meer genoeg vrugte aan boord nie.
Wanneer daardie boot huis toe kom, wees die hawe wat replenish, wat heel maak en wat weer hulpbronne aanvul! land – soos waarin ons nou bly –totaal om te draai (Spreuke 31:10-31).