
Om getrou te wees aan jouself
- Self
- Angelique Gerber
ANGELIQUE GERBER glo dat jy ander kan verryk deur jouself te wees. In haar wêreld moet sy die rol van ma, huweliksmaat en beroepsvrou aanneem, maar sy bly getrou aan haarself.
Baie mense, indien nie almal nie, sukkel om getrou aan hulleself te wees. Of dit nou is as gevolg van verwagtinge, onsekerheid, vrees vir verandering of duisend ander redes.
Die wêreld is vol vooropgestelde idees oor mense. Ek ontmoet kort-kort vroue wat suksesvol en sterk is. In die verlede het ek myself dikwels met hulle vergelyk.
Om getrou aan myself te wees, is ’n persoonlike keuse.
Daar is soveel dele van ’n mens wat verander wanneer jy begin werk, trou en kinders kry.
Die samelewing plaas baie druk op vroue om perfek te wees.
Die waarheid is dat baie dit nie aldag regkry nie. Die dae wat vroue dit wel regkry, is hulle doodmoeg … Te moeg om sag te praat as hulle eintlik wil skree, te moeg om maskara aan te sit en nice te wees en net moeg om moeg te wees.
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
CARIKE KEUZENKAMP is ’n legende in die Afrikaanse musiekbedryf. Sy gesels oor haar lewe in die openbare oog, ’n suksesvolle huwelik en ’n lewe vol ...
Om te wag vir die omstandighede om reg te wees, kan dalk net veroorsaak dat jy nooit eers die geleentheid kry nie, sê MANDI DU ...

Oor ons
Daar is beslis nie ’n tekort aan nuus nie. “Tog voel dit asof alles wat ons sien en hoor, negatief is,” sê Venessa Schoeman, Voelgoed Media se handelsmerkdirekteur. Maar daar is goeie nuus … Voelgoed se webblad is jóú aanlyn bron vir inspirasie!