Leer om… Suksesvol te wees ten spyte van ... Leer om Jannie Putter Sukses Suksesvol

Leer om… Suksesvol te wees ten spyte van …

“As jy oorweldig voel, kyk jy jou dalk so vas in donkerte dat jy jou hart toemaak vir geloof en vertroue,” sê Jannie Putter, aanbieder van die OUDIO–KURSUS Wees suksesvol, ten spyte van ...

Die meeste mense meet sukses aan ’n resultaat in plaas daarvan om die proses te beplan en te bedink om daarby uit te kom. Hierdie proses het nie ’n vervaldatum nie. Begin net, en inspirasie sal jou vind.

Misken jou realiteit vanuit geloof … ontken dit selfs! 

Voel jy so oorweldig dat ...

“As jy oorweldig voel, kyk jy jou dalk so vas in donkerte dat jy jou hart toemaak vir geloof en vertroue,” sê Jannie Putter, aanbieder van die OUDIO–KURSUS Wees suksesvol, ten spyte van …

Die meeste mense meet sukses aan ’n resultaat in plaas daarvan om die proses te beplan en te bedink om daarby uit te kom. Hierdie proses het nie ’n vervaldatum nie. Begin net, en inspirasie sal jou vind.

Misken jou realiteit vanuit geloof … ontken dit selfs! 

Voel jy so oorweldig dat dit jou van vooruitsigte beroof? As jy radeloos voel, kyk jy jou dalk so vas in donkerte dat jy jou hart toemaak vir geloof en vertroue.

Maak weer die woorde “verbeel jou” deel van jou woordeskat. Dit beteken om in jou geestesoog te sien hoe iets wonderliks gebeur. Gaan gereeld op sulke “reistogte” waar jy droom dat enigiets moontlik is.

Geloof is om seker te wees van jou hoop, soos Jannie Putter in sy OUDIO-KURSUS beklemtoon. Dis ’n vaste oortuiging van wat jy nog nie kan sien nie. Moenie jou blindstaar teen die werklikheid nie.

Hou aan vrae vra – maar oordink hulle deeglik

Die gehalte van jou lewe word bepaal deur die kwaliteit van die vrae wat jy vra … Nie of jy al die antwoorde op jou probleme het nie!

Hoe meer positief jy ’n dilemma benader, hoe beter sal jou vooruitsigte lyk. Daarom moet jy die regte, goeie vrae formuleer, want vir elke probleem is daar ’n oplossing.

Wat sal ’n beter antwoord bring: Wat moet ek doen om uit hierdie slegte werk uit te kom? Of: Wat moet ek doen om werk te kry wat by my roeping en finansiële behoeftes pas?

Die tweede vraag behou die visie van hoop en aksie. Hou aan fokus op die oplossing waarna jy soek en jou bestaan sal in daardie rigting beweeg.

Leer die gewoonte van bang wees vir mislukking áf! 

Vrees is noodsaaklik. Dit help ons om aan die lewe te bly en voorkom dat ons dom dinge doen. Dit kan egter ook beperkend wees en verhoed dat ons die suksesse behaal waarna ons streef.

Jy is met net twee vrese gebore: val en harde geluide. Die res het jy geleer met die woorde “moenie” en deur ander reëls wat as jy hulle nie gehoorsaam nie, negatiewe gevolge het.

Wat weeg die swaarste by jou: die moontlikheid van faal of die belonings as jy sou slaag? Die lewe is te kort om veilig gespeel te word!

In plaas van bang wees, doen iets daadwerkliks: Skryf neer wat jy wil hê. Gaan groot en dan nog groter …

Wees die meester van jóú lewe en wees vry

Jy moet die lewe vier op die skip waarop jy seil. Ander mense het hulle eie vaartuie en eie stormwaters waarop hulle seil. Fokus op jou eie reis.

Sou dit nie wonderlik wees om al die energie van hoe jy jou met ander vergelyk, eerder te gebruik om aan jou eie drome te werk nie?

Dis soos ’n siekte, om deurentyd ander dop te hou. Dit maak dat jy dinge doen en begeer wat jou nie waarlik gelukkig maak nie. Maak jouself los daarvan.

Span jou eie seile en vir die avontuur wat joune is. Laat sak soms anker langs die skepe van vriende – dis lekker en nodig. Maar daarna moet elkeen weer op sy eie roete vaar.

Fokus op jou eie lewensreis. Wees suksesvol, ten spyte van ander se menings en vergelykings. Soos Jannie Putter sê, vier jou lewe op jou eie manier en vaar jou eie koers.

Deel die artikel

Méér artikels

Ek vra elke oggend dieselfde vraag: Kan my impak op die wêreld groter wees? Elke oggend is my antwoord ’n onomwonde: Ja! As my antwoord ...

“Emosionele intelligensie beteken eintlik net dat jy tussen die reëls kan lees. Jy weet wat om met wie te doen en wanneer om dit te ...

Scroll to Top