Ontdek die seën in lyding

Ontdek die seën in lyding

Baie van ons ervaar seerkry en hartseer. Dít terwyl ons smag na ’n lewe sonder lyding. Maar die wêreld werk nie só nie. Dit is eintlik normaal, selfs nodig, om deur moeilike tye te gaan.

Wie se skuld is dit dat ons ly?

Hoekom kry ek swaar? Wat of wie is die oorsaak van my ellende?

Op hierdie vraag is daar twee antwoorde: óf God óf iemand buite God veroorsaak dit.

Hoekom sou God dít wou doen?

Hierop sou ’n mens ...

Baie van ons ervaar seerkry en hartseer. Dít terwyl ons smag na ’n lewe sonder lyding. Maar die wêreld werk nie só nie. Dit is eintlik normaal, selfs nodig, om deur moeilike tye te gaan.

Wie se skuld is dit dat ons ly?

Hoekom kry ek swaar? Wat of wie is die oorsaak van my ellende?

Op hierdie vraag is daar twee antwoorde: óf God óf iemand buite God veroorsaak dit.

Hoekom sou God dít wou doen?

Hierop sou ’n mens drie antwoorde kon gee. Dat God ons laat ly om ons te straf. Dat ons nie altyd verstaan nie, maar ons moet glo dat Hy ’n hoër doel daarmee het. Dat ons ly omdat God die wêreld só geskep het.

Maar God het nie die kwade geskep nie en wil dus nie hê dat ons as gevolg daarvan moet ly nie.

Maar wie bring dan die ellende oor ons?

Dit word deur baie dinge veroorsaak: onsself, die natuur en baie rolspelers uit die gebroke wêreld om ons.

Lyding het nooit net een oorsaak nie, maar daar is een en dieselfde hoop teen alle lyding: dat God ons altyd in Sy hand vashou.

Hoekom word seerkry nie van ons af weggehou nie?

God se liefde is nie daarin geleë dat Hy alle onheil van ons weghou nie. God toon sy liefde daarin dat Hy midde-in ons pyn by ons is.

God se almag lê daarin dat Hy ons altyd ’n keuse gee oor hoe ons ons verlies gaan hanteer. En dat Hy aan ons die genesing gee wat daarvoor nodig is.

Of ons dit wil aanvaar, is werklik ons keuse.

Dít is wat ’n God van liefde doen: Hy tel ons op wanneer die gebroke wêreld ons gebreek het. Hy gee ons die keuse om gesond te word van die pyn in ons hart wanneer ons iets kosbaars verloor het.

God het ons ook toegerus om uit ons pyn te leer. Ons wêreld is gebroke. Ons leer die goeie ken en liefkry, omdat die seer en kwaad aan ons deur geklop het. Ons streef na die goeie, omdat ons die gesig van die kwade gesien het.

Laat God jou help sin maak van jou lyding

Wanneer jy swaarkry, kan jy maklik dink God het jou uit Sy hand laat val. Maar dan verstaan jy lyding verkeerd.

Nou ja, miskien nie verkeerd nie, maar jy ly eintlik twee keer: Jy ly oor jy swaarkry, en dan laat jy toe dat die lyding jou nog verder onderkry.

Wanneer ’n mens ná ’n terugslag moet herstel, help dit altyd om twee dinge oor lyding te verstaan. God veroorsaak nie lyding nie. Ons het waarde in God se oë. Ons sal nooit ly sonder dat dit God raak nie.

Tweedens, God is in jou lyding betrokke. God veroorsaak nie lyding nie, maar kan in die lyding ons help om sin te skep.

Waar is God wanneer ek Hom nodig het? Miskien sal dit help om twee woorde te onthou: “anders” en: “orals”. God is anders teenwoordig as wat ons verwag, maar ons kan weet dat Hy orals teenwoordig is. En daarin lê ons hoop.

Gebruik die lesse wat jy uit lyding leer

Die wonderlike van ons geloof is dat verlossing verniet is. En genesing gee die Here vir ons gratis. Maar selfs nog wonderliker is dat ons ons genesing self kan bevestig en versterk. God gee ons ook die krag en vaardighede hiervoor.

God gee genesing, en ons doen hoop. Ja, hoop is ’n werkwoord. Veral as jy self baie neerslagtig is, is dit tyd om hoop te doen.

Hulle sê daar is ten minste vier maniere waarop jy hoop kan beoefen wanneer jy depressief is.

Een is om gesond te eet. Twee is om ten minste ’n halfuur se oefening elke dag te doen. Drie is om te sorg dat jy darem elke dag ’n bietjie son op jou vel kry. En vier is om jou ondersteuningsgroepe uit te brei.

Dit klink na harde werk! Maar dit beteken net om jou oop te stel dat ander mense jou kan help en liefhê.

Deel die artikel

Méér artikels

Omhels stiltetyd! Leer hoe dit jou help om kalmte te vind, selfbewustheid ’n hupstoot te gee en jou te laat fokus op wat werklik saak ...

Is Jesus bloot ’n uitsonderlike leier van die verlede, of speel Hy vandag nog ’n rol in ons lewe? Jy hoef net rondom jou te ...

Scroll to Top