Ontdek elke maand nuwe liefdesverhale om jou in te verlustig 

Verloor jouself in Romanza se verhale van tweede kanse, plaasromanse, reise, kantoorliefde en hospitaalromanse – daar is ook ’n paar met ekstra passie vir lesers wat meer intimiteit in boeke verkies.  

’n Opwindende voorsmakie van wat op jou wag  

In Dina Botha se verhaal Hoe ver is eendag? stamp die held en heldin dadelik kop.  

Enya Joubert neem waar as bestuurder van die Belladonna-afspraaktoepassing.  

Nou dreig Keenan Luyt die agentskap met regsaksie nadat sy suster wreed bedrieg is deur ’n man wat sy op Belladonna ontmoet het.   

Keenan gee Enya één kans om die situasie reg te stel. Sal sy Belladonna en haar eie hart kan beskerm? 

In ’n Doodgewone ou deur Marilé Cloete ontmoet sy vir Franz wanneer haar broer Anton verlief raak op Fiona.  

Die vier word drafmaats, maar Adele en Franz sit gedurig vas. Franz verstaan nie Adele se vervreemding van haar ouers nie.  

Sal Adele haar pynlike verlede verwerk en haar hart weer oopmaak vir liefde?  

Hierdie verhale en nóg meer is beskikbaar by jou naaste boekwinkel, asook op LAPA se webtuiste.

Maar wag, daar is nog verhale op die horison   

In Vrypostige vreemdeling deur Elize Davies is Melanie geskok toe Ruan haar met ’n soen groet en beweer hulle het saam vakansie gehou.  

Sy ontdek haar getroude tweelingsuster het haar identiteit gebruik om met hom te flankeer. Melanie moet noodgedwonge saamspeel om haar suster se huwelik te beskerm.  

Kan ’n enkele aanraking iemand se hart steel?  

In ’n oomblik deur Elsa Winckler is Kirsten oortuig dat sy bevorder sal word, maar word oorgesien omdat sy glo nie spontaan genoeg is nie.  

Om haarself te bewys, aanvaar sy ’n uitdaging.  

Marnus benodig ’n verloofde. Hulle gee voor hulle is verloof, maar die lyn tussen kamma en rêrig vervaag vinnig. 

Moenie bang wees om jouself behoorlik te bederf nie 

As jy meer sensuele liefdesverhale verkies, moenie Helma van Rooibos deur Jaco Versfeld misloop nie.  

Helma bevind haar in Frankryk ná ’n mislukte verlowing.  

Teen haar beterwete raak sy betrokke by die selfversekerde Thomas, al is hy vaag oor sy eie lewe.  

Tydens ’n krisis waag Helma dit om op Thomas te steun, net om uit te vind dat alles wat hy voorgegee het ’n leuen was.  

Hulle kan mekaar egter nie vermy nie en haar gevoelens versterk terwyl sy die ware Thomas leer ken.  

Deel die artikel

Méér artikels

By Potchefstroom Akademie leer jy hoe om jou kreatiwiteit en passie vir fotografie in praktiese vaardighede om te skakel om jou vir ’n professionele loopbaan ...

Om matriek te slaag is ’n groot mylpaal en dikwels ouers en leerders se hooffokus. Volgens die Noordwes-Universiteit (NWU) is dit nie altyd genoeg om ...

Scroll to Top