[OUDIO] Die kalorieë in drankies kan gewigsverlies strem
- Nuwe jy [Oudio]
- Charlotte van Wyk, kliniese dieetkundige
Baie mense vergeet om hulle drankies in ag te neem wanneer hulle gewig wil verloor. Die meeste koeldranke is propvol suiker wat gewigsverlies kan strem.
Jy mag dalk voel dat jy die meeste van die tyd gesond eet. Jy volg immers ’n gebalanseerde dieet wat onverfynde koolhidrate soos volgraanbrood insluit. Jy eet ook genoeg vrugte en groente, en gee voorkeur aan maer vleissnitte, vis en goeie vette.
Jy let selfs op na jou porsiegroottes, maar steeds wil die gewig net nie afkom nie!
Baie mense vergeet om te kyk na die drankies wat hulle nuttig. Die meeste koeldranke is propvol suiker. Dit is daarom belangrik om die regte vloeistowwe te kies.
Mense wat gereeld drankies drink wat baie suiker bevat, voel nie noodwendig so vinnig versadig nie. As hulle egter dieselfde hoeveelheid kalorieë in die vorm van kos ingeneem het, sou hulle baie vinniger ’n versadigingspunt bereik het.
Drankies met ’n hoë suikerinhoud hou verskeie gesondheidsgevare vir ’n mens in. Dit kan onder meer lei tot vetsugtigheid, tipe 2-diabetes, hartsiektes asook metaboliese sindroom.
Ouers moet daarteen waak om vir hulle ...
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die oudio
Méér oudio's
Oefen jy net wanneer jy gewig wil verloor? Wanneer jou boude ’n bietjie kleiner moet wees vir daardie nuwe denim? Oefening hou egter soveel meer ...
Lynette Beer
“As jy ’n droomsoeker wil wees moet jy begin by die vraag: Wie is ek? Jy kan tog nie ’n droom leef as jy nie ...
Om te peusel of nie te peusel nie … Peuselhappies hou verskeie voordele en nadele in. Die belangrikste is egter om vas te stel wat ...