
Pizza-hoender
20-30 min. + baktyd 15 min.
4-6 mense
6 hoenderborsies
50 g tamatiepasta
150 g babaspinasie in warm water geweek tot sag
30 g amandelmeel om bakplaat voor te berei en om laaste oor die hoender te sprinkel
Alle pizza-opsies begin altyd met tamatiepasta en babaspinasie wat geweek is.
Ekstra bestanddele
pynappel
rooi slaai-ui, fyngekap
rooi of oranje rissie, opgekap
dennepitte
Sous
2 e sojasous
2 e rou heuning
1 t (opgehoop) vars fyngekapte knoffel
½ t woestynsout
½ t growwe swartpeper
1 t vars tiemie
Meng alles saam tot opgelos.
- Maak die hoenderborsies met ’n koppie sag tot dun.
- Braai in olyfolie tot gaar sonder enige sout of kruie.
- Stel die oond op 200 °C.
- Spuit ’n bakplaat met kleefsproei en besprinkel met amandelmeel.
- Plaas op bakplaat, smeer met tamatiepasta en rangskik babaspinasie bo-op.
- Skep ekstra bestanddele ook op die hoenderborsies.
- Meng die sous.
- Bedruip borsies met die sous en besprinkel met amandelmeel.
- Bak vir 10 tot 15 minute.
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
10 min. + gaarmaak 40-45 min. 6-7 mense Oondgeroosterde mielies maklik gemaak! Probeer hierdie heerlike resep wat die soet geur van vars mielies na vore ...
Geroosterde groente het natuurlike soetheid en geur soos niks anders nie. Probeer hierdie heerlike Geroosterde blomkool en Brusselse spruite resep vandag nog. BESTANDDELE 1 groot ...