10 min. + gaarmaak 40-45 min. 6-7 mense 

Oondgeroosterde mielies maklik gemaak! Probeer hierdie heerlike resep wat die soet geur van vars mielies na vore bring. Perfek vir enige ete of versnapering. 

BESTANDDELE  

6-7 heel mielies 

Vir die sous  

1 t woestynsout of pienk sout 

½ t growwe swartpeper  

1 e olyfolie 

1 e rou heuning 

1 e mayonnaise (opsioneel)  

2 t droë pietersielie 

¼ t rissievlokkies  

1 e amandelmeel om oor te sprinkel 

vars gekapte pietersielie vir garnering 

STAPPE 

  1. Stel die oond op 200 °C.  
  1. Meng al die sousbestanddele saam in ’n mengbakkie.  
  1. Berei ’n bakplaat voor met kleefsproei.  
  1. Plaas die mielies op die bakplaat. Verf die sous op die mielies met ’n kwassie.  
  1. Besprinkel met amandelmeel.  
  1. Bak in die oond vir 20-25 minute.  
  1. Haal uit die oond. Draai die mielies om, verf die ander kant met die sous en besprinkel met amandelmeel.  
  1. Plaas terug in die oond en bak vir die oorblywende tyd.  
  1. Garneer met pietersielie.  
  1. Dien warm op saam met geregte van jou keuse.