Johan Laten

Práát oor depressie met jou kind 

“Dit is moeilik vir ouers om te weet hoe en wanneer hulle met hulle kind in gesprek moet tree oor depressie,” sê oudonderwyser en toneelkenner, JOHAN LATEN. 

Bepaal jou kind se geestestoestand  

Wanneer jy as ouer agterkom dat daar ’n verandering in jou kind se gedrag is, sou ek voorstel dat ouers hulleself ’n bietjie moet ingrawe in die simptome en die tekens van depressie en angs. Sodoende sal jy dan weet wat dit is waarna jy moet oplet.

Moenie jou kind onmiddellik konfronteer met: Hoe voel ...

“Dit is moeilik vir ouers om te weet hoe en wanneer hulle met hulle kind in gesprek moet tree oor depressie,” sê oudonderwyser en toneelkenner, JOHAN LATEN. 

Bepaal jou kind se geestestoestand  

Wanneer jy as ouer agterkom dat daar ’n verandering in jou kind se gedrag is, sou ek voorstel dat ouers hulleself ’n bietjie moet ingrawe in die simptome en die tekens van depressie en angs. Sodoende sal jy dan weet wat dit is waarna jy moet oplet.

Moenie jou kind onmiddellik konfronteer met: Hoe voel jy? … Dit sal die kind afskrik. Sodra dit gebeur is daar afstand, want baie kinders het nie die emosionele woordeskat om presies te sê hoe hulle voel nie. Hulle weet hoe hulle voel, maar hulle kan dit nog nie kommunikeer nie.

Nooi jou kind uit om te praat, op die regte tyd. As ek sê op die regte tyd, bedoel ek dat as jou kind in jou kar klim, moenie onmiddellik vra nie: Hoe was die toets? Was jy bang? Het jy jou naels gebyt?

Maak eers seker dat jy weet in watter geestestoestandspasie jou kind is. Hoe lyk jou kind? Lyk sy vir jou gespanne? Lyk sy ontspanne? Al lyk sy ook ontspanne, moenie haar dadelik peper met al die vrae wat jy wil vra nie. Kies die regte tyd.

Gebruik die “w”-vrae om agter die kap van die byl te kom. Wat het gebeur? Wanneer het dit gebeur? Waar het dit gebeur? Wie was betrokke?

Wanneer jy vermoed dat jou kind depressief is 

Jou kind gaan soms vir jou sê: “Ag, ek wil nie nou daaroor praat nie …” Rig weer die uitnodiging, sodat jou kind besef, ek kry hier ondersteuning.

Sy sal besef haar ma neem haar nie onder kruisverhoor om uit te vind of sy die wiskundetoets gaan deurkom of 95% gaan kry nie.

Wen jou kind se vertroue op die manier wat jy weet vir jou kind gaan werk. Maak seker dat jou kind sal weet jy vra hierdie vrae omdat jy haar wil ondersteun.

Jy kan ook die uitnodiging tot jou kind rig en sê: Jy is altyd welkom om met my te praat.

Dan kan ons in daardie gesprek praat oor wat ons verwagtinge van mekaar is. Die eerste ding wat ek natuurlik sou sê, is: “Ons moet eerlik wees teenoor mekaar, want ek wil regtig weet wat in jou lewe aangaan. Ek sien dinge is nie 100% nie.”

Met daardie verwagtinge gaan jou kind eintlik vir jou sê: Hier is die grense waar ek en jy gaan beweeg.

Wanneer jy probeer om aan die verwagting te voldoen, en Sussie sê nee, kan jy haar herinner aan julle ooreenkoms. Gebruik swart en wit en hou daarby. Partykeer toets kinders ons. Ons moet vir hulle wys dat ons ernstig is en dat hulle ons kan vertrou.

Help jou kind om negatiewe gedagtes te oorkom 

Daar is ’n rubberdieet wat ’n mens kan volg. As ek angstig is, wat kan ek beheer? Kan ek die inhoud van die toets beheer? Hoe moeilik of maklik dit gaan wees? Natuurlik nie. Al wat ek kan beheer, is my reaksie daarop.

Negatiewe gedagtes kan opduik: “Ek is nie goed genoeg nie …”

Of daar word gedink: “Die mense hou nie van my nie. Die span wat bestuur moet word, werk nie saam nie. Ek weet nie eintlik wat aangaan nie.”

Die eerste vraag is: is dit waar? Wanneer jy eerlik met jouself is, sal jy besef dat hierdie negatiewe gedagtes besig is om met jou kop te smokkel.

Wanneer daar gesê word: “Maar ek is nie goed genoeg nie …” Is daar genoeg bewyse om dit te staaf? Is daar genoeg redes om te glo dat jy nie goed genoeg is nie?

Die keersy van die munt is ook belangrik: Watter bewys is daar wat die teendeel bewys?

Sussie kom in, sy het nie die eerste netbalspan gehaal nie, en sy sê: “Ek is vir niks goed nie en ek gaan nou ophou netbal speel …” Is dit regtig waar dat sy nie goed genoeg is nie?

Help haar om te sien wie en wat sy regtig is. Sy is vriendelik. Sy presteer op akademiese gebied. Gaan kyk na die teendeel om die negatiewe stem dood te druk.

Deel die artikel

Méér artikels

“Eensaamheid is ’n aaklige gevoel wat alle mense op die een of ander tyd in hulle lewe ervaar. Dit kan ervaar word wanneer jy alleen ...

“Selfdissipline is die brug tussen jou visie en die uiteindelike resultaat van jou visie,” sê akteur en mediapersoonlikheid HYKIE BERG. Bly gedissiplineerd en geduldig as ...

Scroll to Top