#MansGenoeg Dr. Johan Beukes

Uitputting word geleidelik gevaarlike uitbranding 

“Dit is nie net een ding nie, maar eerder die kombinasie van stresfaktore wat maak dat jy nader aan uitbranding beweeg,” sê leierskapsafrigter, DR. JOHAN BEUKES. 

Wees bewus van wat jou uitgebrand laat voel 

Uitbranding in die werksomgewing word veroorsaak deur ’n oorweldigende werkslading wat nie volhoubaar is nie.

Dit is normaal om nou en dan oorweldig te voel. Wanneer dit aanmekaar begin gebeur, kan jy maar weet jy is op die pad na uitbranding toe.

Wanneer jy voel dat jy beheer verloor, dat ...

“Dit is nie net een ding nie, maar eerder die kombinasie van stresfaktore wat maak dat jy nader aan uitbranding beweeg,” sê leierskapsafrigter, DR. JOHAN BEUKES. 

Wees bewus van wat jou uitgebrand laat voel 

Uitbranding in die werksomgewing word veroorsaak deur ’n oorweldigende werkslading wat nie volhoubaar is nie.

Dit is normaal om nou en dan oorweldig te voel. Wanneer dit aanmekaar begin gebeur, kan jy maar weet jy is op die pad na uitbranding toe.

Wanneer jy voel dat jy beheer verloor, dat jy nie jou vinger op alles kan hou nie, kan dit aanleiding tot uitbranding gee

Soms mag jy onvoldoende inspanning ervaar, asook onvoldoende belonings vir jou inspanning. Dan kan jy maar weet, jy beweeg nader aan uitbranding.

’n Gemeenskap se ondersteuning is baie belangrik. As jy dit nie het nie, kan dit een van die redes vir uitbranding word.

Baie keer speel ’n gebrek aan regverdigheid ook ’n rol. Wanneer jou eie waardes nie in pas is met jou take nie, probeer jy bewys wat vir jou belangrik is, maar niemand sien dit raak nie. Dit verg baie psigologiese energie om binne ’n omgewing te funksioneer wat teen jou grein gaan.

Hierdie is net van die oorsake in die werksomgewing wat kan lei tot uitbranding. Miskien is dit tyd om jou werksomgewing en jou leefomgewing te evalueer. Is daar van hierdie komponente wat reeds teenwoordig is?

As jy op hierdie pad voortgaan, is jou roete na uitbranding baie nader en korter.

Besef wanneer dit meer as net moegheid is 

Die simptome van uitbranding in die werksomgewing is dat mense sinies raak. Hulle beleef  ’n sterk begeerte om uit die situasie te ontsnap of hulle ervaar ’n gevoel van mislukking. 

’n Mens kan begin om negatiewe gevoelens teenoor ander ervaar. Nou en dan is oukei, maar dit raak problematies as dit ’n patroon raak. Mense wat aan uitbreiding ly, ervaar emosionele afstand. Hulle raak apaties en soms hiperkrities. Onvanpaste woede en hartseer is aan die orde van die dag en dit kan lei tot liggaamlike manifestasies waar mense fisiek siek raak van uitbranding. 

Wat kan jy doen as jy weer optimaal wil begin funksioneer?  

Alan Grant sê, as jy wil floreer, moet jy kyk. Jy moet soek na ’n betekenisvolle lewe. Jy moet seker maak dat jy die take wat aan jou toevertrou is, bemeester. Aanvaar ander se belangstelling in jou. Wees oop daarvoor. Jy moet op jou beurt ook in ander mense belangstel. 

Vrae wat leiers vra, en wat spanne moet vra, kan jou help wanneer uitbranding veroorsaak dat jy rigting verloor en nie meer optimaal funksioneer nie. Vrae soos: wat is belangrik? Wie word ek? Wie is die belangrike mense in my lewe? Hoe is ek besig om die wêreld ’n beter plek te maak? 

As jy weet wie en wat vir jou belangrik is, sal jy in jou eie opinie suksesvol wees. Indien jy weet wie die belangrike mense in jou lewe is, kan jy tyd saam met hulle bestee. Jy kan jouself word. Hulle kan vir jou ruimte skep waar jy kan groei.  

Roetes terug na optimale funksionering wanneer jy uitputting beleef 

Wat is ons werd binne ons werk? Hoekom is ons ’n span? Hoekom is ons ’n familie? Hoekom is ons ’n gesin? Bring ons regtig die beste in mekaar uit? Hoe lyk die beste weergawe van myself vir ander? Watter soort volhoubare impak maak ons as ’n span?

Hierdie is van die vrae wat jou kan help om optimaal te funksioneer.

Miskien is jy regtig op ’n plek waar jy diep uitgeput voel. As jy dink jy is uitgebrand, wil ek jou aanmoedig om professionele hulp te kry.

Soms is dit so eenvoudig soos om na jou huisdokter toe te gaan en ’n bloedtoets te laat doen. Kyk of alles reg is as dit voel asof jou liggaam wil afskakel.

Kry iemand wat jou kan coach. Kry iemand wat jou sielkundig kan help. Kry professionele hulp.

Die ander ding wat jy kan doen is om verskillende tipes rus te kry. Daar is verskillende maniere van rus wat jy nodig het en kan toepas in jou lewe. Daar is fisieke rus, mental rus, emosionele rus, kreatiewe rus en daar is verskillende geestelike rus.

Om te rus kan jou vat in die rigting van optimale funksionering. Dit gaan jou meer energie gee, help met perspektief in jou lewe en kan jou dalk ook meer effektief maak omdat jy meer fokus.

Daar is roetes terug na ʼn plek van optimale funksionering. Dit hang af hoe diep jy in die uitbranding is en hoe bereid jy is om die werk in te sit. Bly in kontak met jouself.

Deel die artikel

Méér artikels

“Selfdissipline is die brug tussen jou visie en die uiteindelike resultaat van jou visie,” sê akteur en mediapersoonlikheid HYKIE BERG. Bly gedissiplineerd en geduldig as ...

“Jou werk as ’n Spreuke 31-vrou is om jou man met jou sterkpunte aan te vul,” sê voorkomskonsultant, skrywer en motiveringspreker ALETTÉ-JOHANNI WINCKLER. God se ...

Scroll to Top