Raak gerus aan Jesus se kleed 

Raak gerus aan Jesus se kleed 

Sy het vir haarself gesê: “As ek maar net aan sy klere kan raak, sal ek gesond word.” Jesus het omgedraai, haar gesien en gesê: “Wees gerus, dogter, jou geloof het jou gered.” (Matteus 9:21-22)

Voel beteken ’n gewaarwording. Dit kan ’n fisieke gevoel wees of ’n geestelike ervaring. In hierdie geval is dit méér as een.

Jesus kon die moontlike pluk aan sy kleedsoom gevoel het, maar ek glo Hy het ook die uitreik na Hom in die Gees gevoel. Jesus het geweet. Sy ingesteldheid was reg. Hy het bewustelik gelewe ...

Sy het vir haarself gesê: “As ek maar net aan sy klere kan raak, sal ek gesond word.” Jesus het omgedraai, haar gesien en gesê: “Wees gerus, dogter, jou geloof het jou gered.” (Matteus 9:21-22)

Voel beteken ’n gewaarwording. Dit kan ’n fisieke gevoel wees of ’n geestelike ervaring. In hierdie geval is dit méér as een.

Jesus kon die moontlike pluk aan sy kleedsoom gevoel het, maar ek glo Hy het ook die uitreik na Hom in die Gees gevoel. Jesus het geweet. Sy ingesteldheid was reg. Hy het bewustelik gelewe met sensitiwiteit vir dit wat God in daardie spesifieke oomblik wou kom doen. Verbeel jou net: Hier kom Jesus van wie almal praat. Hy loop doelgerig deur die skare van honderde mense. Daar is soveel wat aan Hom raak, en hier kom ’n vrou wat glo as sy maar net aan hierdie Man se kleed kan raak, sal sy genees word. Sy wurm haarself letterlik tot by sy voete en net ’n klein plukkie aan sy kleed laat Hom omdraai.

Jesus staan botstil – dis eintlik geloof wat aan sy kleedsoom kom raak het. Hy weet! Jy hoef geen woord vooraf te sê nie. Hy ken jou behoeftes beter as jyself. Soms weet jy, soos hierdie vrou, presies wat jou makeer en waaraan jy ly. Maar dikwels kan jy nie eens jou vinger presies op die seerplek druk nie. Al wat jy dan nodig het, is geloof.

As ons bewustelik in die Gees leef, weet ons waar Hy is, en leer ons eie nood verstaan. Om in die Gees te leef, vra dat jy heeltyd fokus op Hom, elke dag, elke oomblik.

Wees vandag, waar jy ook al beweeg, bewus van sy teenwoordigheid, net soos Jesus heeltyd bewus was van die vrou met die bloedvloeiing en haar pyn. Gee Hom jou aandag en tyd, en Hy sal Homself ook aan jou openbaar.

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top