Sê ja vir wat jou gelukkig maak
- Self MENTOR
- Jannie Putter
Ons ervarings bepaal wat ons glo. Kies vandag hoe en wat jy beleef. Vind uit wat jou gelukkig maak sodat jy jou lewe daarmee kan vul.
Moenie toelaat dat vrees jou geluk steel nie
Die eienaar van ’n groot olifant het hom met ’n dun tou aan ’n boom vasgemaak. ’n Man wat verbystap, vra hom toe of hy nie bang is dat die olifant die tou sal breek nie.
Sy antwoord was eenvoudig: “Die olifant sal nooit probeer losbreek nie. Jy sien, jy leer ’n olifant as hy jonk is, as die dun tou sterk genoeg is om hom vas te hou. Namate die olifant groter word, verander hy nooit sy manier van dink oor die tou nie. Hy bly altyd glo dat daardie tou sterk genoeg is om hom vas te hou. Daarom sal hy nooit probeer losbreek nie.”
Mense is baie soos daardie olifant. Van kleins af word ons gedreig met vrees. Ons word gewaarsku om nie foute te maak nie en word bang gemaak vir mislukking. Die wêreld is geneig om op die negatiewe dinge te fokus. Mense voorspel mislukking ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Om ligter deur die lewe te gaan moet jy begin om met ’n nuwe oog te kyk. Jou uitkyk beïnvloed immers jou woorde, dade en ...
Een trauma wat niemand gespaar word nie is om geliefdes aan die dood af te staan. Soms kom mense nooit oor die verskriklike hartseer wat ...