Seerkry is deel van die lewe

Seerkry is deel van die lewe

Die samelewing sien seerkry as verliese deur dood, verwoesting of bankrotskap. Die lewe het ook baie onerkende, onverwerkte seerkry

Wanneer eensaamheid jou enigste vriend word

Eensaamheid laat mense ontsettend ly. Hulle praat nie daaroor nie, want dit is “’n skande” om nie ’n lewensmaat te kry nie. Moenie in ’n hoekie sit omdat jy bang is vir seerkry nie.

Pyn is nie iets wat sommer weggaan nie. As dit gekom het, wil dit bly. Dis dan dat jy verby die pyn moet groei. Maar hoe doen ’n ...

Die samelewing sien seerkry as verliese deur dood, verwoesting of bankrotskap. Die lewe het ook baie onerkende, onverwerkte seerkry

Wanneer eensaamheid jou enigste vriend word

Eensaamheid laat mense ontsettend ly. Hulle praat nie daaroor nie, want dit is “’n skande” om nie ’n lewensmaat te kry nie. Moenie in ’n hoekie sit omdat jy bang is vir seerkry nie.

Pyn is nie iets wat sommer weggaan nie. As dit gekom het, wil dit bly. Dis dan dat jy verby die pyn moet groei. Maar hoe doen ’n mens dit as die pyn en wat dit veroorsaak, nog bly? Daar is mense wat dit doen, en dit regkry omdat hulle gelowiges is.

Daar was ’n vrou wat ’n baie sterk behoefte aan ’n lewensmaat gehad het. Dit was vir haar baie pynlik om alleen te wees. Maar uiteindelik moes sy betekenis aan haar alleenwees gee.

Sy moes haarself leer om weg te groei van die depressie af, om iets konstruktief met die donkerte te doen wat Jesus en die hoop by haar wou steel. Sy het gegroei saam met Jesus en hoop se hand gevat tot haar ligverhaal sterker as die donker verhaal geword het.

Die pyn van alleenwees het gebly, maar sy kon groei omdat sy in Jesus se nabyheid kon glo. Maar, sal jy sê, ek wil nie net met geestelike beloftes groei nie; ek wil ook groei as ’n mens van vlees en bloed. Ja, inderdaad moet ’n mens met jou vlees en bloed ook groei.

Jy moet groei deur ook maar jou foute te maak. Jy kan nie jou lewe in ’n hoekie deurbring omdat jy te bang is vir pyn nie. Jy moet ook by die verkeerde persoon aanlê sodat jy die pyn van verwerping kan verstaan.

Jy moet so kan groei dat jy ook ander mense se pyn kan verstaan wanneer hulle verwerp word.

Gebruik die liefde om pyn te oorkom

Vele huwelike gaan deur tye van seerkry en swaarkry. Tye van wonder of jy goed genoeg is óf twyfel oor jou lewensmaat se gevoelens. Baie eindig oor verlore intimiteit en kommunikasie.

Ons voel altyd ’n bietjie ongemaklik met Hooglied. Is dit nie ’n bietjie rof vir ’n Christen nie? Nee, inteendeel! Dit praat baie intiem, maar gebruik altyd smaakvolle taal om die liefde te beskryf.

Die rabbi’s het Hooglied gebruik om jong mans in die liefde te onderrig. Dis ’n lewenskuns wat ons almal moet aanleer: om lief te hê. Lees ’n slag Hooglied, dan sien jy dié vrou het ook maar seergekry.

Sy raak verlief, maar is bang dat sy nie goed genoeg is nie. Haar geliefde gee nie vir haar enige emosionele sekuriteit nie, en sy gaan soek hom as sy nie weet waar hy is nie. Dan trou hulle, en dis wonderlik – maar sy bly onseker oor sy gevoelens.

In hoofstuk 8 kom die vrou tot ’n paar gevolgtrekkings oor die liefde. Al die ongesonde ervarings wat sy daarmee gehad het, maak sy vir haarself gesond – omdat sy nou die liefde verstaan:

Liefde is om op mekaar te leun (8:5a). Liefde is om jou geliefde soos ’n broer te vertrou (8:5b).

Liefde is om mekaar lus te maak vir die lewe (8:6a). Liefde is om nie doodswapens teen mekaar te gebruik nie, maar om saam die liefde te gebruik om probleme te oorkom (8:6b).

Liefde is om jou geliefde met seks gelukkig te maak (8:10). Liefde is om spesiaal vir mekaar te wees (8:11). Liefde is om nie magspeletjies te speel en mekaar te probeer beheer nie, maar om deur die lewe te dans (8:14).

Skaamkry kom oor ons almal se pad

Skaamte en vernedering maak dit moeilik om oor jou seerkry te kom. Dit help egter nie om dit te probeer vermy of te ignoreer nie. Jy kan net groei as jy dit aan jouself erken.

Saam met verlies kom skaamte. Jy is skaam oor wat gebeur het – óf dit jou oorgekom het óf jy dit oor jouself gebring het. Jy is skaam oor die gevolge van die verlies – hetsy dit jou direkte verlies is en of jy ook ly as gevolg van iemand anders se verlies.

Jou pa het dalk ’n deel van sy inkomste verloor en julle lewenstyl moes drasties aangepas word. Hoe hou jy by jou maats as daar skaars kos in die huis is?

Of hoe meng jy weer met mense by die kerk as jy op hulle gesigte kan sien hulle weet: Hulle weet dat jy by die huis gekom het en jou vrou is weg saam met ’n ander man? Wat maak jy as jy in die supermark ’n onderwyser raakloop van die prestige-skool waaruit jou kind geskors is?

En wat maak jy as jy by die werk afgedank is omdat jy uitgevang is? Jy het geld gesteel om vir jou kind se oorsese sporttoer te betaal. En nou staar tronkstraf jou moontlik in die gesig.

Hoe groei ’n mens verby jou skaamte? Skaamkry kom oor ons almal se pad. Maar wanneer hy dit doen, moet ons hom op sy plek sit. Ons kyk hom in die oë, erken teenoor die wêreld dat hy ’n rukkie by ons kom woon het – maar kondig dan aan dat ons paaie geskei het.

Ons het verby skaamkry gegroei. Ons het by hom geleer, ’n harde les. Maar ons tel nou ons kop op.

Waak daarteen dat seer jou lewe oorheers

Wanneer seerkry jou lewe oorheers, deel word van wie jy is, is dit tyd om te laat gaan. Dan moet jy besluit of jy gaan toelaat dat pyn “lyding” of “leiding” in jou lewe word.

Party mense poets hulle pyn en wil nie daarvan ontslae raak nie. Hulle wil ander aanhou verwyt vir wat met hulle gebeur het. Pyn neem nie vanself die wyk nie. Jý moet besluit om op te staan en die wapens teen die pyn en verlies op te neem.

Soms kan ’n mens nie help om te dink dat daar ’n paar dinge is wat mense se lyding erger maak nie. Partykeer maak mense hulle eie lyding erger deur goed by mekaar uit te bring wat niks met mekaar te doen het nie.

’n Vrou bel haar man en as hy nie dadelik antwoord nie, is sy daarvan oortuig dat hy by ’n ander vrou is. Natuurlik help dit ons soms om ’n verband tussen dinge te trek. Dan verstaan ons beter wat aan die gang is.

Wees op die uitkyk vir mense en hulle streke, maar moenie hulle altyd van die ergste verdink nie. Trek verbande en ontbloot mense se geheime agendas, maar moenie dinge wat niks met mekaar te doen het, by mekaar uitbring nie.

Dit maak net jou lyding erger.

Pyn is nie iets wat vanself weggaan nie. As hy sy intrek by jou geneem het, en hy bly lekker, vat hy nie sommer weer die pad nie. En partykeer raak ’n mens boonop versot daarop. Dit word ’n lewenswyse. ’n Verwyt teen wie jou seergemaak het.

Luister na jou pyn. Word wys uit jou pyn. Maar moenie dit sit en poets en dit lewensreg op jou lewe gee nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Omhels stiltetyd! Leer hoe dit jou help om kalmte te vind, selfbewustheid ’n hupstoot te gee en jou te laat fokus op wat werklik saak ...

Is Jesus bloot ’n uitsonderlike leier van die verlede, of speel Hy vandag nog ’n rol in ons lewe? Jy hoef net rondom jou te ...

Scroll to Top