Sien jy Jesus in jou lewe raak?

Sien jy Jesus in jou lewe raak? 

Is Jesus bloot ’n uitsonderlike leier van die verlede, of speel Hy vandag nog ’n rol in ons lewe? Jy hoef net rondom jou te kyk om te weet: Hy is hier 

Wonder jy oor wie Christus werklik is? 

Vir meer as 2 000 jaar bely Christene met oorgawe en sekerheid dat Jesus die Here is, en dat God op ’n baie besondere manier in Hom inderdaad tot by ons gekom het.

Daar is natuurlik verskillende maniere waarop jy op hierdie aardskuddende waarheid kan reageer. Een moontlikheid ...

Is Jesus bloot ’n uitsonderlike leier van die verlede, of speel Hy vandag nog ’n rol in ons lewe? Jy hoef net rondom jou te kyk om te weet: Hy is hier 

Wonder jy oor wie Christus werklik is? 

Vir meer as 2 000 jaar bely Christene met oorgawe en sekerheid dat Jesus die Here is, en dat God op ’n baie besondere manier in Hom inderdaad tot by ons gekom het.

Daar is natuurlik verskillende maniere waarop jy op hierdie aardskuddende waarheid kan reageer. Een moontlikheid is om dit sonder enige vrae bloot te aanvaar en te glo.

Vir baie Christene is dit egter onmoontlik. Hulle sukkel maar om hulle ore toegedruk te kry vir vrae wat deur al die eeue, maar veral ook weer in ons tyd, oor hierdie Jesus opklink.

Wie was Jesus regtig, en hoe verskil dit van die prentjie wat die Bybelskrywers en die kerk van Hom teken? Wie wás hierdie Man?

Baie Christene skram weg van hierdie vrae, asof hulle bang is daarvoor. Jy hoef egter nie bang te wees om vrae daaroor te vra nie. God het ons rasionele mense gemaak.

Jesus het met Sy kruisdood weer sin in mense se lewe gebring. Maar as dit al was, sou dit nie veel werd gewees het nie. Ons weet immers dat hierdie lewe verby is voordat jy jou oog kan knip.

Daarom wil God ons eindeloos meer gee as net ’n beter lewe aan hierdie kant van die graf.

Hy wil ons ’n ewige lewe gee.

Hy wil vir ons lewe gee waar dood en siekte geen rol meer speel nie, en waar lyding nie meer bestaan nie. Wanneer die trane daar vir oulaas afgedroog is, sal dit net ’n herinnering wees, want niemand gaan daar huil nie.

Maar God bêre nie hierdie lewe vir eendag, wanneer jy doodgaan of wanneer Jesus weer kom nie. Nee, Hy gee dit nóú al! Daarom sê Jesus nie dat hulle wat in die Seun glo, (miskien eendag) die ewige lewe sal hê nie. Nee, Hy gebruik die teenwoordige tyd.

’n Wêreld wat getuig van die Here se liefde 

Dit bly aangrypend dat selfs die dinamiese en Geesvervulde Johannes die Doper by geleentheid deur twyfelvrae geteister is.

Gelukkig het hy dit nie daar gelaat nie.

Hy stuur ’n paar van sy dissipels om sommer vir Jesus trompop te loop en Hom reguit te vra: Is jy die Een wat sou kom of moet ons iemand anders verwag?

Jesus beantwoord nie Johannes se vraag reguit nie. Hy nooi net Johannes se dissipels om ’n slag om hulle te kyk. Kyk net watter verskil maak Ek in mense se lewe, sê Hy. “Oral in mense se lewe maak Ek ’n enorme verskil.”

Die antwoord was genoeg om Johannes se twyfelvrae te stil. Net só kan ons vandag nog, as iemand jou skielik sou vra waarom jy so seker is dat Jesus is wie Hy sê Hy is, hom nooi om rondom hom te kyk. Niemand anders kon sóveel lewens heelmaak as die Seun van God nie.

Jesus het ons met God kom versoen. As jy vir iemand wil verduidelik hoekom Jesus aarde toe gekom het, hoef jy net één woord te gebruik: versoening.

Hy het gekom om die enorme kloof wat die sonde tussen ons en God geskep het en wat ons op geen manier oorgesteek kon kry nie, te kom oorbrug.

Toe Jesus ons met God versoen het, het Hy ons ook met mekaar versoen. Jesus het ons een groot nuwe volk gemaak wat God met oorgawe dien en vir mekaar lief is.

As jy teen enigiemand ’n wrok koester, maak nie saak wát hy aan jou gedoen het nie, maak jy Jesus se werk ongedaan. En dit kan tog nie!

Daar is geen beter dag as vandag om ou geskille by te lê nie.

Gaan sê jy is jammer. En begin Jesus se versoening in jou huwelik ervaar, by jou werk, in julle buurt en gemeente. Dink net watter getuienis dit sal wees!

Deel die artikel

Méér artikels

Omhels stiltetyd! Leer hoe dit jou help om kalmte te vind, selfbewustheid ’n hupstoot te gee en jou te laat fokus op wat werklik saak ...

“Bucket list” en “You only live once” is gewilde gonswoorde. Maar hoekom? Ons kan niks op aarde misloop waarvoor ons nie in die hemel gaan ...

Scroll to Top