
Van net-net oorleef tot waarlik lééf
- GeloofsTERAPIE
- Almarie Du Preez
Hartswonde is onsigbaar vir die wêreld. Genesing daarvan lê in die feit dat jy oorleef het, want jy kan kies om te begin leef, sê ALMARIE DU PREEZ.
Genesing van diep emosionele pyn is ’n uitdaging
Helder oordag ry ek rustig werk toe. Wat volgende gebeur, lyk soos ’n toneel uit ’n aksiefilm. Teen 120 km/h gly my kar, tol deur die lug en rol herhaaldelik voor dit op sy dak tot stilstand kom.
Te midde van geskokte omstanders se ongeloof klim ek in een stuk uit die wrak. ’n Piepklein litteken is al wat ek oorhou van daardie fratsongeluk.
“Julle sal vir my gips moet aansit, anders gaan die mense nooit glo wat gebeur het nie,” skerts ek met die dokter.
Kom ons wees nou maar eerlik. ’n Uiterlike wond met steke, verbande en kneusplekke lyk erger as onopsigtelike inwendige beserings.
Dit is net so met diep, emosionele pyn. Dit is onsigbaar vir ander. Daar is geen fisiese tekens nie. ’n Mens kan sê jy het seer ná ’n verbrokkelde huwelik, emosionele mishandeling of die dood van ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Vroue voel soms dis makliker om hulle pyn weg te steek en aan te gaan. MELISSA VAN BILJON sê jy mág maar huil, want trane ...
Sonder goeie geestelike waardes kan ons maklik van die “muur” afval en nie weer aanmekaargesit word nie. Net soos Hompie Kedompie, sê CATHERINE VAN HEERDEN. ...