Een van ons grootste struikelblokke in die lewe is konfrontasie, en dit bloot omdat ons “die vrede wil bewaar”. Ons loop op eiers oor kwessies wat ons pla.
Wanneer ons kwessies vermy word dit struikelblokke
Ons verkies dikwels om kwessies wat ons pla onder die mat in te vee met die hoop dat dit sal verdwyn. Die vrees van “wat as” raak ons gemaksone waar ons deur twyfel vasgevang word.
Van ons grootste innerlike konflikte is nie die antwoorde op dinge of sake wat ons kon uitsorteer nie, maar wel wanneer ons nie antwoorde het op die hoekoms en waaroms van gebeure waarvoor ons verantwoordelik voel nie.
Wanneer daar nie antwoorde op hierdie vrae is nie, kom satan en plant saadjies wat nie net ons gedagtes gevange neem nie, maar ook laat dwaal. Dit is dan wanneer ons begin om te reageer op blote gedagtes en nie meer feite nie.
Misverstande en hoe langer ons dinge ongesê laat, laat ons net meer bitter word. Hoe meer ons kwessies vermy wat ons kon aanspreek hoe meer word hulle ’n struikelblok, selfs in ons aanbidding van God. Onthou, vir God se teenwoordigheid om te vloei, het hy ’n vaartuig nodig wat suiwer is.
Efesiërs 4:26 sê: “Moenie dat die son ondergaan oor julle toorn nie. Ons laat te veel dinge ongesê omdat ons nie die behoefte sien om tyd te maak om dinge uit te sorteer met ons medebroer of -suster nie.”
Die Bybel help jou om jou kwessies te konfronteer
Hoekom vermy ons konfrontasie?
- Ons is bang om die waarheid in die gesig te staar en dit aan te hoor.
- Ons is bang dat konfrontasie ons verhoudings kan ruïneer.
- Ons is bang ons verloor die persoon wat gekonfronteer moet word.
Wees versigtig oor dinge wat nooit bespreek word nie, en dus te lank ongesê bly. Dit kan lei tot permanente skade in verhoudings, huwelike en vriendskappe.
Wat sê die Bybel oor konfrontasie?
- Matteus 5:24 sê: “Laat jou gawe by die altaar en gaan maak reg met jou broer. Dit is ’n opdrag van God om dit te doen – byna dadelik.”
- Matteus 18:15 sê: “As jou broer verkeerd aan jou gedoen het, gaan bestraf hom in privaat; as hy na jou luister, het jy jou broer oorgewen.”
Wees versigtig vir oversharing en na advies soek, maar neem tyd in gebed en vra God se wysheid en leiding. Bid dat die Here jou woorde sal salf.
Spreek die probleem aan, nie die persoon nie. Wees selektief oor wat of hoe jy dinge sê in konfrontasie. Ons veroorsaak meer skade as ons toenadering in woede doen.
Oortreding is iets wat ’n mens seermaak en ons moet seker maak dat ons toenadering nie in woede is nie, maar in liefde. Onthou, aan die einde wen liefde.
Moet nooit probeer om konflik op te los deur middel van ’n SMS of e-pos nie, want daardie woorde kan nooit verander word nie, en mag net nog meer skade veroorsaak, maak die tyd om face-to-face met die persoon te praat!