
Wag rustig op God se antwoord
- #StilwordSondag
- Gretha Wiid
Bedaar en erken dat Ek God is, hoog bo die nasies, hoog bo die aarde. (Psalm 46:11)
Ek het my twee oudste dogters eenmaal verloor in ’n winkelsentrum toe hulle nog baie klein was. Dit was ’n absolute nagmerrie toe ek besef dat hulle weg is. Ek het soos ’n mal mens rondgehardloop en hul name geskree tot groot geskinder en gegiggel van die mense. Ná wat gevoel het soos ure, het ek hulle ’n hele ent verder weg gekry.
Plat op die boude, daar sit die twee toe. Ek het lanklaas in my lewe so buite beheer en benoud gevoel. Net toe ek wil raas en vra hoekom hulle doodluiters plat op die grond sit, sê die oudste: “Mamma het nog altyd gesê ons moet plat gaan sit as ons verdwaal het en nie weet waar om Mamma te kry nie. Mamma het mos belowe Mamma sal ons altyd kom soek en ons kry!”
In verligte trane het ek daardie dag iets van God geleer. Ons hardloop soms benoud rond as ons verdwaal voel in ons lewenspad. Ons soek antwoorde op al die verkeerde plekke en wil ons ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Ek dink oor die dae van die voortyd, oor die ou, ou jare. Ek wil dink aan my snarespel in die nag, wil peins met ...
Hoor tog my gebed, Here, luister na my hulpgeroep; moet tog nie koud staan teenoor my trane nie, want ek is net op u beskerming ...