Wonderwerke gebeur nog steeds

Wonderwerke gebeur nog steeds 

Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom. (Jesaja 53:5) 

Toe ons oudste seun op agt jaar breinvliesontsteking kry, wou die vrees my van alle kante af versmoor. Die nuus dat twee kinders in die dorp reeds daaraan gesterf het, het versprei en almal was bewus dat daar ’n epidemie in die dorp was.

Ons huisdokter, ’n huisvriend, was deeglik bewus daarvan dat ons nie in daardie stadium ...

Oor óns oortredings is hy deurboor, oor óns sondes is hy verbrysel; die straf wat vir ons vrede moes bring, was op hom, deur sý wonde het daar vir ons genesing gekom. (Jesaja 53:5) 

Toe ons oudste seun op agt jaar breinvliesontsteking kry, wou die vrees my van alle kante af versmoor. Die nuus dat twee kinders in die dorp reeds daaraan gesterf het, het versprei en almal was bewus dat daar ’n epidemie in die dorp was.

Ons huisdokter, ’n huisvriend, was deeglik bewus daarvan dat ons nie in daardie stadium ’n mediese fonds gehad het nie. Hy het sonder versuim vog uit Boeta se rugmurg getrek om te toets vir breinvliesontsteking. Teen laatmiddag het hy ons gebel met die nuus dat dit positief is. Hy sou ons kans gee tot die volgende oggend vroeg. As Boeta dan steeds geen vog inhou nie, sou hy hom in die hospitaal moes laat opneem.

In daardie stadium kon hy niks inhou nie en was so swak dat hy nie kon loop nie. Nodeloos om te sê dat ons dadelik vir hom begin bid het. Ons het ons kinders geleer om saam te stem wanneer ons bid en so deur sy swakheid het hy elke nou en dan “amen” gefluister.

Pappa is by die deur uit om verpligtinge te gaan nakom en het gesê hy sal nie ophou bid nie. Ek het hom letterlik teelepels water gevoer wat hy begin inhou het. Binne 45 minute was daar so ’n drastiese verbetering, toe Pappa by die deur instap, sit hy skielik regop en sê: “Ek is lus vir ’n appel!” Ons het so pas ’n wonderwerk beleef. Hy het binne twee uur begin eet en drink, volkome genees.

Liewe vriendin, Hy is jou Geneesheer. Hy is die God van wonders. Vandag stem ek saam met jou vir jou wonderwerk. Roep Hom aan en Hy sal jou red!

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top