Lewe is ’n gawe van God
- #StilwordSondag
- Esti
Die Here verstoot ’n mens nie vir altyd nie; as Hy beproewing oor ’n mens gebring het, ontferm Hy Hom weer, want sy liefde is groot: dit is teen sy sin dat Hy mense in ellende en beproewing bring.
(Klaagliedere 3:31-33)
Miskien kan jy ook getuig hoe jy die Here in die verlede moes vertrou, maar gedink het niks gaan uitwerk nie. Onthou jy hoe Hy toe die legkaart wel laat pas het? Wel, as jy daarvan kan getuig, kan jy dit gerus weer doen, want Hy is gister, vandag en môre dieselfde. Sy beloftes is nog net so geldig as toentertyd.
Dalk het jy al gedink die Here het jou moedswillig weggestoot en sommer net so laat staan. In Klaagliedere 3 kry ons egter goeie nuus.
As jy my vra of ek hierdie teks verstaan, sê ek onomwonde NEE, maar as jy vra of ek dit glo, sê ek JA, want ek het dit al soveel keer in aksie gesien. Jy moet egter die voorwaarde nakom, en dit is om te bly lewe. Solank daar lewe is, is daar hoop.
Lewe is ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Ek dink oor die dae van die voortyd, oor die ou, ou jare. Ek wil dink aan my snarespel in die nag, wil peins met ...
Hoor tog my gebed, Here, luister na my hulpgeroep; moet tog nie koud staan teenoor my trane nie, want ek is net op u beskerming ...