Alle goeie dinge kom van God af

Alle goeie dinge kom van God af

Dit is nie aan die mens self te danke dat hy kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet nie. Ek het ingesien dat dit ’n gawe uit die hand van God is.

(Prediker 2:24)

Al die goeie dinge wat deel van jou lewe uitmaak, is alles gawes uit God se hand. Jy het niks self verdien nie. Dit is Hy wat toelaat dat jy jou lewe kan geniet. Dit is ook Hy wat vir jou die geestelike én finansiële vermoëns gee om dit te kan doen.

Wie maak jou so belangrik? En wat besit jy wat jy nie ontvang het nie? As jy dit dan ontvang het, waarop stel jy jou so aan asof jy dit nie ontvang het nie? So vra Paulus vir die gemeente in Korinte.

Juis omdat jy alles wat jy het van God ontvang het (en dit sluit jou verstand, voorkoms, gewildheid én besittings in), mag jy nooit grootkop raak oor hierdie vermoëns nie. Alles is bloot presente wat jy uit God se hand kry.

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

MĂ©Ă©r artikels

Slegte mense het geen begrip van wat reg is nie … Liewer arm wees en eerbaar lewe as oneerlik lewe en ryk wees. (Spreuke 28:5-6) ...

Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Bly standvastig in die ...

Scroll to Top