As ouers verskil oor dissipline

As ouers verskil oor dissipline

Mense se siening oor ouerskap verskil baie, maar wanneer ’n egpaar verskillend oor dissipline dink, hoef dit nie noodwendig ’n probleem te wees nie.

Wanneer julle nie saamstem oor badtyd nie, is dit nie die einde van die wêreld nie, maar as julle style totaal en al verskil, kan dit ’n probleem raak.

As jy byvoorbeeld inskiklik en koesterend teenoor die kinders is terwyl jou man baie streng is, kan ’n situasie van “good cop, bad cop” ontstaan.

Kinders kom hierdie verskille agter en gebruik dit tot hulle voordeel. ...

Mense se siening oor ouerskap verskil baie, maar wanneer ’n egpaar verskillend oor dissipline dink, hoef dit nie noodwendig ’n probleem te wees nie.

Wanneer julle nie saamstem oor badtyd nie, is dit nie die einde van die wêreld nie, maar as julle style totaal en al verskil, kan dit ’n probleem raak.

As jy byvoorbeeld inskiklik en koesterend teenoor die kinders is terwyl jou man baie streng is, kan ’n situasie van “good cop, bad cop” ontstaan.

Kinders kom hierdie verskille agter en gebruik dit tot hulle voordeel. Ouers word teen mekaar afgespeel (“Maar Mamma het gesê…”) en wrokke ontstaan baie gou. Niemand wil tog die aaklige ouer wees nie.

Hierdie situasie klink miskien voordelig vir jou kind, maar eintlik skep die gemengde boodskappe verwarring. Dis vir geen kind lekker om te sien hoe sy ouers baklei nie, en wanneer dit oor ouerskap gaan, kan die kind baie gou dink dit is sy skuld. Uiteindelik kan dit selfs tot depressie by jou kind lei.

Kommunikeer oor hoe julle jul kinders gaan dissiplineer

Kommunikasie die oplossing vir hierdie verskille. ’n Goeie beginpunt is om ’n paar basiese reëls waaroor julle wel saamstem, vir die kinders op te stel. Hopelik kan dit daartoe lei dat julle ten minste oor klein dinge saamstem, soos of ’n kind gestraf moet word as hy na ligte-uit steeds lê en lees.

Oor groter goed soos dissipline sal daar kompromieë aangegaan moet word. Een manier om dit reg te kry, is om te kyk na die doelwitte wat julle albei vir julle kinders het.

So kan julle ouerskapverskille in perspektief plaas en besef dat julle eintlik in dieselfde span is. Sodra dit gebeur, kan duideliker grense gestel word, wat julle kinders onmiddellik veiliger sal laat voel.

Dit is belangrik om nie jou maat voor die kinders of ander mense te kritiseer nie.

As hy iets doen waarmee jy nie saamstem nie, byt op jou tande en praat later met hom wanneer die gemoedere bedaar het.

Onthou egter altyd dat julle individue is met verskillende waardes en persoonlikhede.

Julle verskille kan selfs goed wees vir die kleingoed. As hulle kan sien hoe julle saamwerk, onderhandel en mekaar konsidereer, het hulle ’n voorbeeld van hoe jy ten spyte van verskille steeds ’n verhouding kan laat werk.

Oor die jare het sielkundiges ’n paar basiese ouerskapstyle geïdentifiseer. Daar is die outoritêre styl, waar ouers baie beheer oor hulle kinders wil hê. Daar is vaste reëls wat ononderhandelbaar is. Ander is meer simpatiek. Daar is reëls en riglyne, maar kinders kan wel vrae vra en onderhandel.

Hierteenoor is daar ouers wat nie baie gepla is oor roetine of grense nie. In hierdie gesinne het die kinders eintlik die hef in die hand. Afwesige ouers sukkel om met hulle kinders ’n verhouding te bou.

Jou styl bestaan uit ’n kombinasie van style. Jy kan byvoorbeeld meer toegeeflik wees as dit by netheid kom, maar duld geen vloekery nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Jy en skuldgevoelens oor jou kinders is dalk al ou vriende. Wees gerus, selfs mense met baie kennis oor kinderopvoeding maak soms ’n blaps. Opvoeding ...

Dis belangrik om jou kinders vroeg-vroeg al takies te gee om te verrig. Só word hulle fluks groot met die idee dat werk normaal is. ...

Scroll to Top