Dit is belangrik om hoop te gee

Bemark jou droom, maar beveilig dit ten alle koste

Bemark jou droom as jy dit wil bereik, maar jy moet dit ook beskerm, was meesterlewensafrigter LIZETTE VOLKWYN se raad tydens die EkwilEkkanEksal-geselligheid. 

Jy moet jou drome bemark om suksesvol te wees 

Ek moet my droom bemark. Ek kan nie my droom in die stilte wegsteek en in ’n donker gaatjie daaraan werk nie. Hoe gaan die mense op wie hierdie droom gerig is, daarvan weet? Hoe kan ek my doelwit bereik as ek dit nie uitdra nie?

Iemand, daardie familielid of Tant Sannie in die Kaap, ...

Bemark jou droom as jy dit wil bereik, maar jy moet dit ook beskerm, was meesterlewensafrigter LIZETTE VOLKWYN se raad tydens die EkwilEkkanEksal-geselligheid. 

Jy moet jou drome bemark om suksesvol te wees 

Ek moet my droom bemark. Ek kan nie my droom in die stilte wegsteek en in ’n donker gaatjie daaraan werk nie. Hoe gaan die mense op wie hierdie droom gerig is, daarvan weet? Hoe kan ek my doelwit bereik as ek dit nie uitdra nie?

Iemand, daardie familielid of Tant Sannie in die Kaap, mag dalk sê: Lizette doen weer iets vreemd. Sy is nie my teikengehoor nie. Sy is nie my mark nie. Ek kan nie terughou as gevolg van een tannie wat ’n opinie gaan lug nie. Of ’n verkrampte oom iewers in Gqeberha wat koerant lees en sê: Daardie vroumens praat te vinnig na my sin.

Jy moet begin om aan jou droom vas te hou. Wat is jou droom? Hoe laat jou droom jou voel? Wat van daardie droom laat jou lewendig voel? As ek vir niemand vertel waarmee ek besig is nie, hoe gaan ek my droom kan bereik?

Daar is sekere tye wat ons in ’n hindernis vasloop … Ek het ’n klankman nodig. Ek het dalk iemand nodig wat goed is met webbladontwerp. Ek het iemand nodig wat vir my die tegniese aspekte kan wys – hoe om take te outomatiseer. Ek het iemand nodig wat my besigheid by skole kan bemark. Of toelaat dat ek my artikels wat ek by die huis maak by kunsmarkstalletjies kan uitstal.

As ek dit wegsteek, hoe gaan ek suksesvol wees?

Leef jou toekomsdrome voluit en vreesloos uit 

Jy moet jou lewe voluit leef. Jy kan nie een oggend wakker word nie en sê: Vandag is die dag, ek voel dit. Ek gaan vandag grense verskuif. Ek is reg. Hier kom ek.

Dan môre as ek wakker word, dink ek: Nee, gisteraand se partytjie het te laat geëindig. Ek voel nie lekker nie.

Dit is nie voluit lewe nie. Voluit lewe beteken ongeag wat, daag ek op vir my mal droom. Ek moet begin sê: Hoeveel is oor? Waar gaan ek heen met hierdie proses? Hoeveel van dit kan ek hanteer? Jou vraag is altyd: Hoe hanteer ek my drome? Waar gaan ek met my drome heen?

Hoe lyk voluit vir jou? Vir baie mense is dit om 07:00 in die oggend klaar te wees, die kinders by die skool af te laai en dan werk toe te gaan. Om trots te sê: Ek het vir 22 jaar vir dié maatskappy gewerk.

Dan gaan ek by die huis sit, op pensioen gaan. Ek gaan elke oggend wakker word en in ’n ouetehuis bly. Ek sien dit gereeld. Die mense kom op 60, sit op die stoep, word oud en gaan dood.

Ek verstaan nie hoe hulle dit doen nie. In dieselfde aftree-oord sit ’n klomp mense, en hulle speel elke Vrydagmiddag rolbal, hulle is kreatief en maak amok, want hulle vertel vir almal wat om te doen.

Begin vandag jou droom beskerm en beveilig 

Hoe beskerm jy die droom wat jy het? Waar gaan ek die formule kry wat vir my werk? Dit is die vraag wat jy vandag vir jouself moet afvra.

Hoe mal kan my droom wees? Waar gaan my droom inpas?

Vergeet van die plafon. Vergeet van die norm. Vergeet wie en wat ander is, en wat hulle opinies gaan wees.

Jy wil nie oor ’n tydperk van twintig jaar alles verloor nie. Jy hoef nie te vrees dat dit nie gaan werk nie. My vraag is altyd: Wat is die ergste wat kan gebeur as my droom nie realiseer nie? Dink daaraan … Ek kan alles verloor. My man mag ook nie meer so lief wees vir my nie. Ek kan ook my werk verloor. Mense mag dalk vir my lag.

Jy moet jouself afvra wat die ergste is wat kan gebeur, sodat jy die vrees uit jou drome kan haal.

Vat jou droom en besluit hoe gaan jy dit joune maak, sodat jy elke dag kan opstaan en sê: This is your dream. Dit is hoe jy moet lyk. Dis hoe dit werk. Hoe kom ek daarby uit.

Hoe gaan jy jou droom joune maak. Hoe gaan jy dit kan beskerm, en dit nie iemand anders s’n maak nie wat vir jou gaan sê: Jy is nie goed genoeg nie.

Begin vashou aan jou droom en begin dit elke dag prosesseer. As jy vanaand jou kop neersit, vra jouself af: Wat het ek gedoen om my droom te beskerm? Wat het ek gedoen om my droom te bevorder?

Deel die artikel

Méér artikels

Jy moet aanpas by jou droom, want jou drome gaan verander, het verhoudingskenner LYNETTE BEER tydens die EkwilEkkanEksal-konferensie vertel. Identifiseer jou droom en jou struikelblokke  ...

Dit is belangrik om kinders toe te rus met lewensvaardighede. Besigheidsafrigter ELSA GROENEWALD vra: Maar is dit genoeg? Voorbereiding vir jou kind se plek in ...

Scroll to Top