Minette Visser Minette Visser Oudio Minette Visser Video Nuwe Jy Mentor Voelgoed Mentor Belangriksheid van water Is water regtig vir ons belangrik? Hoeveel water moet ons inneem?

Eet jouself gesond met dié superkosse

Superkosse is ryk aan talle voedingstowwe, vitamiene, minerale en anti-oksidante. Dit hou ons nie slegs gesond nie, dit kan ook as medisyne gebruik word.

Superkos is baie ryk aan talle voedingstowwe

Dit is nou belangriker as ooit om ons en ons kinders se immuunsisteem sterk te hou. Gelukkig is daar smullekker superkosse wat ons immuniteit ’n hupstoot kan gee. Superkosse is die nuwe gonswoord.

’n Superkos is ’n kossoort wat per gram baie ryk aan talle voedingstowwe is. Daar is talle superkosse in die wêreld. Hulle is ...

Superkosse is ryk aan talle voedingstowwe, vitamiene, minerale en anti-oksidante. Dit hou ons nie slegs gesond nie, dit kan ook as medisyne gebruik word.

Superkos is baie ryk aan talle voedingstowwe

Dit is nou belangriker as ooit om ons en ons kinders se immuunsisteem sterk te hou. Gelukkig is daar smullekker superkosse wat ons immuniteit ’n hupstoot kan gee. Superkosse is die nuwe gonswoord.

’n Superkos is ’n kossoort wat per gram baie ryk aan talle voedingstowwe is. Daar is talle superkosse in die wêreld. Hulle is vol vitamiene, minerale, anti-oksidante, vesel of gesonde vette wat die liggaam nodig het om te floreer en fantasties te voel.

’n Superkos sal altyd ’n kos wees wat van die aarde af kom – ’n regte egte kos. Daar is veral vyf superkosse wat jou immuniteit kan verbeter.

Bloubessies is ’n baie bekende en gewilde superkos. Daar is min dinge so lekker soos ’n yskoue bloubessie-smoothie op ’n warm dag. Die voordeel van bloubessies is dat ’n mens gevriesde bloubessies reg deur die jaar kan kry. Én dit is boonop ook nie te duur nie.

Al is bloubessies piepklein, is hulle propvol belangrike vitamiene soos vitamien C en K, anti-oksidante en mangaan. Jy kan dit maklik in ’n slaai, hawermout of tuisgebakte muffins gooi.

Werk die regte kosse by jou daaglikse dieet in

Mense gebruik gemmer al vir duisende jare as medisyne. Wanneer iemand byvoorbeeld ’n verkoue het, word gemmer vinnig ingespan om daardie persoon se immuniteit te help versterk.

Gemmer ís immers anti-inflammatories en propvol anti-oksidante wat chroniese inflammasie in die lyf kan teenwerk. Dit help ook jou liggaam om teen bakterieë en virusse te veg.

Daar is heelwat maniere om gemmer maklik en vinnig by jou dieet in te sluit. Jy kan dit in ’n vars sap gebruik, in kerrie-geregte, in slaaisous of dit drink as ’n tee.

Nog ’n superkos wat al vir jare al as medisyne gebruik word weens sy medisinale eienskappe, is borrie. Borrie is ook anti-inflammatories en propvol anti-oksidante.

Soos die meeste ander superkosse, is amandels ook propvol anti-oksidante, vitamiene en minerale. Hierdie neute is veral hoog in vitamien E, gesonde vette, yster en proteïne, wat alles baie belangrik is vir ’n sterk immuunstelsel.

Dit is baie eenvoudig en baie lekker om amandels by enige gereg in te voeg. Dit kan ook op sy eie as ’n heerlike gesonde peuselhappie geniet word. Dit werk ook lekker in kosblikke.

Laastens, maar beslis nie die minste nie, is avokadopeer. Avokadopeer is ook ryk aan gesonde vette, wat goed is vir jou hart, vitamiene E en C, yster, sink, kalium en folaat.

Vitamien E beskerm die mens teen talle siektes. Avokadopeer is maklik om daagliks te eet. Jy kan dit in ’n slaai voeg, op ’n suurdeegbroodjie smeer of sommer by jou smoothie gooi.

Deel die artikel

Méér artikels

Is koffie goed of sleg vir jou? Daar is soveel teenstrydige inligting oor koffie en jou gesondheid. Vind uit hoe jy jou boeretroos skuldvry kan ...

Oefening is nie net daar om kilo’s te verloor nie. Dit verbeter jou gesondheid, verhoog jou energievlakke en versterk jou selfvertroue. Begin beweeg vir die ...

Scroll to Top