Eintlik wil ek net myself wees

Eintlik wil ek net myself wees

Sterk, passievol, avontuurlustig – daar is ’n klomp gepaste woorde om die aktrise CHRISTIA VISSER te beskryf, maar vir haar is eerlikheid die belangrikste. Om opreg te wees oor wie sy is. 

Die trane rol oor haar wange. Sy kan dit nie glo nie! Sy weet dis alles net skinderstories, maar dit sny diep. Woorde wat bedoel is om af te kraak en te breek, en dít van mense wat soveel ouer is as sy. Mense wat van beter behoort te weet ... 

Sy het nooit gedink haar graad 7-jaar gaan so moeilik wees nie. Om uit hierdie diep gat van depressie te kruip waarin sy geval het, is skielik haar grootste uitdaging. 

In die middae ná skool trek die jong Christia die kamerdeur agter haar toe, gaan lê op haar bed en begin net sing. Melodieë wat haar siel lawe. Wat soos vingers sagkens oor haar seerkry streel. 

Wanneer raak dinge beter? Hoe lank vat skinderstories om te verdwyn? 

Arme Ma en Pa. Hulle is rasend van bekommernis. Sy weet hulle ken haar nie só nie. Die woorde lê soos groot vraagtekens ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Die beeldskone krulkop REANDI GREY kleur jou dag in deur net haarself te wees. As huweliksmaat, mamma, aktrise en klereontwerper leef sy haar droom uit. ...

Van jongs af het DORETTE POTGIETER bekoor as ballerina en aktrise. Bekend vir haar rol in Egoli, en onlangs in Plan B, is sy ook ...

Scroll to Top