Minette Visser Minette Visser Oudio Minette Visser Video Nuwe Jy Mentor Voelgoed Mentor Belangriksheid van water Is water regtig vir ons belangrik? Hoeveel water moet ons inneem?

Fokus op porsiegrootte, nie op kalorieë tel 

Ons almal weet dat porsiegrootte baie belangrik is. Presies hoe groot moet die verskillende porsies elke maaltyd op my bord wees?  

Porsies kan van mens tot mens verskil 

Om kalorieë te tel is nie so ’n goeie idee nie. Dit is net ’n tydrowende proses en kan ’n mens obsessief oor kos laat word. Let eerder op die grootte van jou porsies. Dit is ’n baie gesonder keuse wat tot ’n gebalanseerde bord kos en gesonde peuselhappies lei.

Dit is belangrik om te onthou dat porsiegroottes van ...

Ons almal weet dat porsiegrootte baie belangrik is. Presies hoe groot moet die verskillende porsies elke maaltyd op my bord wees?  

Porsies kan van mens tot mens verskil 

Om kalorieë te tel is nie so ’n goeie idee nie. Dit is net ’n tydrowende proses en kan ’n mens obsessief oor kos laat word. Let eerder op die grootte van jou porsies. Dit is ’n baie gesonder keuse wat tot ’n gebalanseerde bord kos en gesonde peuselhappies lei.

Dit is belangrik om te onthou dat porsiegroottes van mens tot mens kan verskil. Dit hang alles af van watter leefstyl jy volg en hoe aktief jy is. Jou geslag en hoe oud jy is, is ook bepalend.

Volg daarom die basiese beginsels van porsiegroottes. Eerstens moet jou proteïene min of meer so groot soos jou handpalm, jou selfoon of ’n koekie seep wees. Ongeveer ’n kwart van jou bord moet dus proteïene wees. Dit kan plant- of diereproteïene wees.

Proteïene verrig ’n belangrike funksie in die liggaam. Soos ’n mens ouer raak, help proteïene ’n mens veral om jou spiermassa te behou.

As ’n mens na bone kyk, kan jy op min of meer ’n halwe koppie werk. As dit egter die enigste vorm van proteïene op jou bord is, kan jy altyd so ’n bietjie meer bysit.

Eiers is ’n goeie proteïen en twee, ’n goeie porsie. Maar net die eiergeel, want dit is waarin al die voedingswaarde lê.

Die ander kwart van jou bord, word met komplekse koolhidrate gevul. Jy kan min of meer werk op ’n vyf-grootte vir jou wortelgroente, soetpatats, wortels, beet en mielies. Vir bruin rys, quinoa, pasta en ander graanprodukte, is die porsiegrootte ’n halwe koppie.

Wanneer dit by brood kom, is dit lekkerder om eerder ’n oop broodjie as ’n toebroodjie te maak, Dan kan jy die sny brood met lekker kosse versier. “It’s all about the topping.” Maak dit mooi kleurvol, en eet dit sommer met jou mes en vurk.

As dit by gesonder vette kom, is ’n halwe handpalm ’n lekker grootte om mee te werk. Wat neute betref, kan ’n mens ’n handjievol neute eet. Sade se porsie-grootte is twee teelepels vol, behalwe as dit sade soos pampoensaad is wat groter is. Dan is dit net ’n eetlepel.

Balans op jou bord hou talle voordele in 

As jy ’n dieet met ’n bietjie meer gesonde vette verkies, sal jou porsies ’n bietjie groter wees. Moet dus nie skaam wees om ’n halwe avokadopeer by jou kos te sit nie. Dit hou ’n mens lekker lank vol, werk vir baie se gene en bly maar net lekker!

So, wat kom op die res van jou bord? Groente. Blare, tamaties, komkommers, aspersies, broccoli en blomkool. Hier kan ’n mens speel met so veel as moontlik kleur op jou bord. Eet die reënboog!

Maar waar pas vrugte in? Sommige vrugte soos appels, pere, nartjies en lemoene is sommer klaar in hulle regte porsie-grootte. Anders kan jy op ’n koppie werk. As dit by gedroogde vrugte kom, hou by twee eetlepels.

Hoekom wil ’n mens balans op jou bord hê? Eerstens vir jou bloedsuikervlakke. Dit is baie belangrik om jou bloedsuikervlakke mooi konstant te hou. Dit help ons om langer vol te bly en nie gedurig in die dag te wil peusel nie.

Dit help ons verder om ons nie te ooreet nie. ’n Mens kan nog steeds pizzas, pasta, braaivleis en alles geniet met net ’n klein bietjie aanpassing. Daar is geen reëls nie. Balans verseker ook dat ons nie ’n vitamien- of mineraaltekort kry nie.

’n Wenk om maklik by jou porsiegroottes en balans op jou bord te hou, is om byvoorbeeld groente-noodles te gebruik as jy pasta maak. Sit sommer ook lensies en groente by jou maalvleis.

Sit jou peuselhappies in bakkies, en moenie sommer uit die pakkie eet nie. Só kan jy byvoorbeeld neute en bloubessies ook bysit vir lekker balans. Om pampoensade by my springmielies te gooi, werk ook baie goed.

Fokus eerder daarop om jou porsies reg te kry, as om jou kos se kalorieë te tel. Balans op jou bord sal jou help met meer energie en ’n gesonde leefstyl sonder enige obsessies oor hoeveel kos jy wanneer eet.

Deel die artikel

Méér artikels

Is koffie goed of sleg vir jou? Daar is soveel teenstrydige inligting oor koffie en jou gesondheid. Vind uit hoe jy jou boeretroos skuldvry kan ...

Oefening is nie net daar om kilo’s te verloor nie. Dit verbeter jou gesondheid, verhoog jou energievlakke en versterk jou selfvertroue. Begin beweeg vir die ...

Scroll to Top