
Gee jou grimering nuwe lewe
- Mooi
- Jolanda Bedeker en Tanya van der Merwe, JB Makeup
Hier is ’n paar maklike wenke om ’n dowwe, moeë gelaat weer lewe en glans te gee en te bevogtig met die regte grimering.
’n Egalige, glansende velkleur, hoë wangbene, ’n skraler gesigvorm en ’n bietjie kleur op die lippe en wange kan wondere vir jou selfbeeld verrig.
Begin deur jou vel met ’n verbronsende basislagie (primer) of ’n vogroom met ’n ingeboude basislaag voor te berei.
Gebruik ’n verbloemer om donker kringe, rooiheid en pigmentasie te bedek.
Die regte verbloemer onder en aan die binne- en buitehoeke van jou oë, die buitekant van jou neus en aan die kante van jou mond sal help om tekens van moegheid of veroudering weg te toor.
Wend ’n gekleurde bevogtiger bo-oor aan. ’n Stippelborsel wat amper so groot soos ’n poeierborsel is, is handig hiervoor.
Gekleurde bevogtiger is gewild aangesien dit dieselfde effek as onderlaag gee, maar terselfdertyd lig en gemaklik op die vel voel.
Jy kan ’n kontoer skep deur met ’n lipstiffie of -stokkie ligte en donker skaduwees te maak. Gebruik donker bronzers onder en ’n verligter ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
In ons somerklimaat kan ’n paar wonderwenke help om jou grimering ná ’n lang, warm dag steeds mooi te laat vertoon. Smeltende grimering, gesmeerde oogomlyner ...
Goed gedefinieerde, voller wenkbroue gee definisie aan jou gesig. Dit is maklik om met ’n paar grimeerkunsies die illusie van perfekte wenkbroue te skep. Dié ...