God se vrede is jou oorwinning

God se vrede is jou oorwinning

“Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My, net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken; en Ek lê my lewe af vir die skape.”

(Johannes 10:14-15 )

’n Mens wil nie stilstaan nie. Om te lewe veronderstel beweging. Jy wil die goeie inneem en geniet. As jy probleme het, wil jy hulle agter die rug sit. So gou moontlik. Hoe erger die stres, hoe vinniger wil jy daarvan ontslae raak.

Ervaar jy tans die volle vrede van jou goeie ...

“Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My, net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken; en Ek lê my lewe af vir die skape.”

(Johannes 10:14-15 )

’n Mens wil nie stilstaan nie. Om te lewe veronderstel beweging. Jy wil die goeie inneem en geniet. As jy probleme het, wil jy hulle agter die rug sit. So gou moontlik. Hoe erger die stres, hoe vinniger wil jy daarvan ontslae raak.

Ervaar jy tans die volle vrede van jou goeie Herder in jou gemoed? As daar slegs die geringste mate van onrus te bespeur is, wag! Moet niks waag nie. Staan doodstil. Wag geduldig met jou oë op jou Herder totdat jy sy stem hoor en Hy jou sy vrede gee.

Daar is ’n reuseverskil tussen ontsteltenis en ‘n vredige gemoed. Die verskil tussen gewaande vrede en Christus se vrede is reusagtig.

Die duiwel doen hom voor as ’n engel van die lig. Hy spoor jou aan tot “regverdige dade” – om te doen wat “reg” is. Al lyk en voel dít wat jy oorweeg om te doen hóé reg, maar jy beleef innerlike ongemak, is dít die teken dat jy nog niks moet doen nie.

Wag voort op jou Herder se leiding.

Dit is nie asof daar intussen niks gebeur nie. “Wag” is ’n volledige aksie. Jy gaan daagliks voort, gelei deur God se plan in jou hart en gedagtes en sy vaderlike betrokkenheid by jou lewe.

Wanneer Hy sy wil vir jou in sy Woord bevestig, sal jy weet dat jy weet wat jou te doen staan. Die Almagtige Skepper woon in jou – op sy volmaakte tyd sal Hy vir jou die regte deure oopmaak. Wag net geduldig.

Mag die vrede van God jou ondersteun en beskerm. Mag sy vrede jou heeltemal vervul en volledig van jou besit neem sodat jy in elke omstandigheid elke uitdaging kan hanteer.

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top