
Grimeerborsels wat jy regtig nodig het
- Mooi
- Jolanda Bedeker en Tanya van der Merwe, JB Makeup
Om jou grimeer-beste te lyk beteken nie dat jy onmiddellik elke borsel of kwassie op die mark moet aankoop nie.
Daar is ’n enorme verskeidenheid grimeertoerusting op die mark, maar jy het verbasend min nodig om steeds jou gesig in ’n volmaakte kunswerk te omskep.
Jy kan jou stelletjie begin met sewe basiese borsels wat aanbeveel word vir die perfekte mooimaaksessie, en hulle soos benodig aanvul.
’n Verbloemerborsel is geskik om enige klein areas te bedek en imperfeksies – van ’n puisie tot donker kringe onder die oë – te kamoefleer. Gebruik ’n plat onderlaagborsel om jou vel goed te bedek en ’n natuurlike, afgeronde effek te gee.
’n Blosserborsel het ’n skuins hoek wat die aanwending van blosser, verbronser en verligter vergemaklik en help om jou gesig se kontoerlyne uit te lig. Die hoekvormige wenkbrouborsel is weer nuttig om jou wenkbroue met dun strepies in te kleur.
’n Plat oogskaduborsel is noodsaaklik vir die plasing en aanwending van romerige en poeier-oogskadu. Die sagte, ronde oogskaduborsel is ideaal om jou skadu in te skakeer. Dit help om ’n egalige oorgang tussen verskillende kleure ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
In ons somerklimaat kan ’n paar wonderwenke help om jou grimering ná ’n lang, warm dag steeds mooi te laat vertoon. Smeltende grimering, gesmeerde oogomlyner ...
Goed gedefinieerde, voller wenkbroue gee definisie aan jou gesig. Dit is maklik om met ’n paar grimeerkunsies die illusie van perfekte wenkbroue te skep. Dié ...