Hoe om… In jouself te glo en (weer) selfvertroue te kry

Hoe om… In jouself te glo en (weer) selfvertroue te kry

Jy is nie gebore om min selfvertroue te hê nie. Die predikant en skrywer LIESEL KRAUSE–WIID glo die Here het jou gemaak om in jouself te glo.

Glo in jouself en werk aan jou selfaanvaarding

Jou selfbeeld, jou selfvertroue en hoe jy na jouself kyk, is belangrik. Jou selfvertroue is gegrond in die feit dat God by jou is. Daarom kan jy in jouself glo en met selfvertroue leef.

Onvoorwaardelike liefde beteken jy kan met selfvertroue leef.

Dit is waaroor selfbeeld en selfvertroue gaan: ...

Jy is nie gebore om min selfvertroue te hê nie. Die predikant en skrywer LIESEL KRAUSE–WIID glo die Here het jou gemaak om in jouself te glo.

Glo in jouself en werk aan jou selfaanvaarding

Jou selfbeeld, jou selfvertroue en hoe jy na jouself kyk, is belangrik. Jou selfvertroue is gegrond in die feit dat God by jou is. Daarom kan jy in jouself glo en met selfvertroue leef.

Onvoorwaardelike liefde beteken jy kan met selfvertroue leef.

Dit is waaroor selfbeeld en selfvertroue gaan: Hoe God na jou kyk. Moenie luister wanneer mense of die wêreld vir jou sê dat jy iets kort nie. Óf dat jy nie goed genoeg is óf dat jy minderwaardig is nie.

Luister na God se Woord wat sê Hy het jou lief – onvoorwaardelik lief. Jy is Sy kind, jy is ’n Koningskind.

Moet nooit weer sê jy is niks werd nie, want Jesus het ’n baie duur prys vir jou betaal om voluit te leef. Hy het aan die kruis vir jou gesterf sodat jy skoon en rein voor God kan staan.
Sodat jy selfvertroue kan hê!

Glo in jouself, want jy kán voluit leef! Jy is hier om ’n verskil te maak. Glo dit en werk aan jou selfaanvaarding en sterkpunte, want God is in beheer en die Heilige Gees lei jou.

Laat die verlede waar dit hoort deur te werk aan vergifnis – van ander en van jouself. Om tevrede en vervuld te wees, is ook vir jou moontlik. Glo dit met jou hele hart.

Vervang jou negatiewe gevoelens, stres en vrese met dankbaarheid en vreugde uit die Woord en glo weer in jouself. Jy is ’n Koningskind. Só neem ’n Koningskind-houding aan.

Gebruik jou talente om jou selfbeeld te laat groei.

Klim uit die groef om te dink jy is nie goed genoeg nie.

Jy is nie per ongeluk hier op aarde nie. Daar is ’n rede waarom jy hier is. Ontdek dit deur te bid en op te hou om jouself met ander te vergelyk. Wanneer jy jou talente uitleef en ’n verskil maak, sal jou selfbeeld en selfvertroue groei.

God het elkeen van ons uniek en verskillend geskep. Is dit nie wonderlik dat God ons elkeen so uniek geskep het nie? Tog maak ons telkens die fout om ons heeltyd met ander mense te vergelyk.

Omhels eerder wie God jou gemaak het om te wees. Die oomblik wanneer ’n mens jou talente en gawes begin uitleef, gee dit jou energie. Dit help jou om voluit te leef en die lewe regtig te geniet.

Selfsorg help jou om meer in jouself te glo. As kind van God is daar praktiese dinge, soos hoe jy praat, wat jy kan inoefen vir ware selfvertroue.

Ons het ’n aandeel daarin om ons vertroue in onsself, ons vertroue in God, te ontwikkel. ’n Mens kry selfvertroue wanneer jy jouself nie gedurig teleurstel nie. “When you follow through,” soos hulle in Engels sê. Wanneer jy doen wat jy gesê het jy gaan doen.

God se Gees bly in jou en ons moet dit respekteer. Dit kos volharding en vra van ons om deur te druk met dissipline.

Wanneer jy deurdruk en volhard, kry jy meer vertroue in jouself.

Deel die artikel

Méér artikels

Jy sit in ’n fliek. Jy is die hoofkarakter in die film wat tans vertoon. Wat gaan deur jou gedagtes? Is jy tevrede met hoe ...

Om meer kreatief te kan wees, moet jy jou gedagtes ontvanklik hou vir nuwe en onbekende dinge, sê die kreatiwiteitskenner KOBUS NEETHLING. Dit verg durf ...

Scroll to Top