Leer om ... ‘n positiewe ingesteldheid te kweek

Leer om …’n positiewe ingesteldheid te kweek

“Die beroerte het my hele lewe omver gegooi,” sê Louwerens Swanepoel, motiveringspreker en aanbieder van die VIDEO Jou ingesteldheid kan jou maak of breek.

Met die regte houding is enige iets moontlik

Ek het tydens ’n direksievergadering begin siek voel. Die gesigte rondom my het skielik dof geraak. Ek het beheer oor my liggaam verloor. Vyf meter na my stoel was net te ver. Ek het neergeslaan.

My kop was deurmekaar, ek kon nie logies dink nie, nie mooi praat nie en het nie verstaan wat besig ...

“Die beroerte het my hele lewe omver gegooi,” sê Louwerens Swanepoel, motiveringspreker en aanbieder van die VIDEO Jou ingesteldheid kan jou maak of breek.

Met die regte houding is enige iets moontlik

Ek het tydens ’n direksievergadering begin siek voel. Die gesigte rondom my het skielik dof geraak. Ek het beheer oor my liggaam verloor. Vyf meter na my stoel was net te ver. Ek het neergeslaan.

My kop was deurmekaar, ek kon nie logies dink nie, nie mooi praat nie en het nie verstaan wat besig was om te gebeur nie.

Die beroerte het my hele lewe omver gegooi …

Ek was verlam en vir twee jaar lank in en uit die hospitaal, en vir vir vyf jaar vasgekluister in ʼn  rolstoel. Dit was nie ʼn lekker plek om te wees nie.

Ek het konstant met die Here gestoei en vir Hom gevra: Dink net aan my, dan sal ek herstel. Ek het gedink omdat ek jonk, fiks en gesond was, dit vinnig sou gebeur … maar dit het nie.

Ek kon nie verstaan hoekom ek ’n beroerte op die kruin van my professionele loopbaan moes kry nie. Ons het nie geweet of ek ooit weer sou beweeg nie.

Terwyl ek eendag in my rolstoel sit, het die fisioterapeut na my toe gekom en gesê: “Louwerens, as jy ’n droom het om te herstel … om weer normaal te loop en weer sport te beoefen, moet jy uit hierdie rolstoel kom.”

“Maar hoe gaan ek dit doen? Ek is verlam!” het ek haar geantwoord.

“Maklik,” het sy gesê, “ons gaan ’n prostese bou van onder af … jou been, jou bors, jou bolyf. ’n Prostese vir jou arm en jou nek om jou kop regop te hou. En ons gaan só aanhou.”

Ek het gedink, nou maar goed, en sy het vir my hierdie prostese gekry, kom ons kyk …

Jou instelling teenoor die lewe bepaal jou sukses

Die rehabilitasiesentrum is ʼn groot vertrek met rubbermatte. Dan is daar spieëls reg rondom jou. Jy kan jou van voor af, van agter af, links en regs, sien. Jy kan jouself van alle kante sien!

Hulle tel my toe uit die rolstoel ope en laat my regop staan. En Jackie sê: “Hoor hierso, ons gaan nou begin beweeg. Ons gaan móét begin beweeg!”

Ek het Jackie fronsend aangekyk en gesê: “Maar jy weet ek is verlam! Ek kan nie beweeg nie.”

En sy het geantwoord: “Ek hoor dit, maar luister nou mooi. Ek gaan jou rolstoel wegvat.” En hulle doen dit toe ook … ʼn meter of wat weg van my af.

Ek het haar fronsend aangekyk en gesê: “Maar jy weet ek is verlam! Ek kan nie beweeg nie.”

En sy het geantwoord: “Ek hoor dit, maar luister nou mooi. Ek gaan jou rolstoel wegvat.”

Terwyl ek in my gemaksone was, kon ek dinge hanteer. Maar toe ek daar staan en besef my rolstoel is weg, het ek ’n ongemaklike ervaring gehad.

Dit is nie net ek wat so iets beleef het omdat ek verlam was nie. Elke persoon wat sy drome najaag, gaan ongemaklik voel sodra hy sy gemaksone verlaat.

Die pad wat ek gestap het, het my soveel geleer …

Wanneer ons oor ingesteldheid praat, is daar twee groepe mense. Die een groep mense se reaksie is negatief en hulle voel vasgevang (stuck) in ’n onmoontlike situasie.

Dus tob en treur hulle oor die feit dat hulle nie weet wat om volgende te doen nie. Die samelewing is teen hulle. Hulle begin die blaamspel speel. En hulle verval ook dikwels in negatiewe selfspraak.

Die ander groep mense is opgewonde, want hulle beleef hulle lewensdoel. Hulle weet hulle kan nog ‘n waardevolle bydrae lewer.

Om die uitdaging te aanvaar is hulle leuse. Hulle hoop en krag kom vanuit die aantrekking van hulle roeping. Hulle is lewende legendes wat hulle doel uitleef!

Deel die artikel

Méér artikels

Jy sit in ’n fliek. Jy is die hoofkarakter in die film wat tans vertoon. Wat gaan deur jou gedagtes? Is jy tevrede met hoe ...

Om meer kreatief te kan wees, moet jy jou gedagtes ontvanklik hou vir nuwe en onbekende dinge, sê die kreatiwiteitskenner KOBUS NEETHLING. Dit verg durf ...

Scroll to Top