HOE OM… Vir Hom te skyn
- GeloofsLES
- Lynette Beer
Die lewe maak soms onverwagte draaie en jou geloofsvlammetjie brand later flou. Jou lewe het egter steeds betekenis, ongeag jou omstandighede, sê LYNETTE BEER.
Kleintyd sing ons met oorgawe: “Hierdie klein liggie van my, ek sal hom laat skyn.” Namate jy ouer word, kom jy agter dis nie altyd maklik om jou liggie te laat skyn nie. Mense maak jou seer. Die lewe maak jou seer. En jy maak jouself seer deur die verkeerde keuses te maak. Jou vlammetjie brand só laag dat jy dink vergifnis is onmoontlik; God kan jou nie meer gebruik nie. Dit is egter net ’n gevoel, dis nie die waarheid nie.
Hy skryf jou nie af oor jou foute nie
Die Bybel vertel van geloofshelde wat ook verkeerde besluite geneem het, ook hulpeloos en hopeloos gevoel het. Partykeer was hulle mislukkings so groot dat God amper die reg gehad het om Sy rug vir hulle te draai.
Dit is egter allermins wat gebeur het. Vir Hom gaan dit oor verhoudings en verlossing. Jesaja sê dat Hy nooit ’n lamppit wat dof brand, sal uitdoof nie.
Gaan ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Maak jy ’n verskil in hierdie stukkende wêreld? Liefde is ’n werkwoord, sê LIESEL KRAUSE–WIID. Wys hoeveel jy omgee, ongeag jou eie pyn. Wys jou ...
Ons dien ’n ongelooflike God wat met liefde en deernis die pad saam met ons stap. WANDA BAM het geleer dat sy Hom maar kan ...