
Hoekom is die kerke leeg?
- GeloofsVRAAG
- Adrio König
Mense op soek na antwoorde, hoop en oplossings behoort kerk toe te stroom. Tog gebeur dit nie. Iets sal moet verander! Lees wat sê Adrio König.
Kerkmense sal radikaal anders moet optree en uitreik
Sondaars stroom nie na ’n nuwe geloofsgroep toe nie. Jesus het na hulle toe gegaan. Hy het Sy hart gaan oopmaak, en toe het hulle gereageer.
Daarom sal ons agter die kerkmure moet uitkom na die mense toe wat hulle rug op geloof en die kerk gedraai het. Ons sal ons harte vir hulle moet gaan oopmaak.
Ons sal vir hulle moet gaan wys ons gee vir hulle om. Deur vriendskappe sal ons verhoudings met mense moet gaan opbou dáár waar hulle is.
Hopelik sal hulle geleidelik vertroue in ons begin kry. Dalk sal hulle later bereid wees dat ons hulle gaan oplaai (nie net uitnooi nie) na ’n kleingroepbyeenkoms. Wie weet, dalk gaan hulle later saam na ’n groot byeenkoms in ’n kerkgebou.
Die punt is: Vreemdes stroom nie kerk toe nie. Ons moet hulle gaan “optel”. Hierin was Jesus radikaal anders, en ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Soms moet jy juis ophou dink aan wat jou pla en tot aksie oorgaan, sodat wat jy doen jou negatiewe gedagtes in vreugde verander. Hou ...
Is jy vinnig om jouself met ander te vergelyk en dan voel jy nie goed genoeg nie? Omarm eerder hoe spesiaal die Here jou geskape ...