Is ’n mens se sterfdatum vooraf bepaal?

Is ’n mens se sterfdatum vooraf bepaal?

Is ons elkeen se sterfdatum vooraf bepaal, is dit verby met jou ongeag wat jy doen of hoe jy lewe? En wie trek daardie streep? Is dit God of dalk jyself?

God gebruik die dood in Sy diens

As ’n mens glo dat jou streep getrek is, kan jy sê: “As jou tyd gekom het, het dit gekom. As jy nie doodgaan van kanker nie, gaan ’n dronk mens jou omry of ’n dwaalkoeël gaan jou tref.”

Dit kan veroorsaak dat mense ’n onverantwoordelike lewenswyse volg met die eenvoudige filosofie: “As jou tyd gekom het, gaan jy in elk geval sterf.” Of anders gestel: “As my tyd nog nie daar is nie, sal ek dit maak.”

Hierdie siening behels ongelukkig ook dikwels dat God as die “outeur” van alle sterftes gesien word. Selfs die voortydige dood van ’n kind word dan vierkant voor Sy deur gelê.

Dan worstel ’n mens soms met die “maklike” vertroosting: “Dit was seker maar haar tyd.” Of ander kere wanneer iemand in ’n lewenskrisis beland en teen alle aanduidings lewend daaruit kom, sal mense sê: “Dit ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Dis dalk ’n vriendin. ’n Kollega. Of ’n bekende na wie jy opgesien het. Hulle het gesê hulle glo een ding maar toe anders geleef. ...

Armoede skep geleenthede waar ons God prakties kan dien. Dit is belangrik om te weet wat hulle nodig het, sodat ons hulle kan help en ...

Scroll to Top