Klim as ‘n paartjie saam na sukses

Klim as ’n paartjie saam na sukses

Agter elke suksesvolle man staan ’n ewe suksesvolle vrou. Jy ondersteun jou man in alles wat hy doen. Maar onthou, jy is ook ’n mens in eie reg.

Ondersteun jou man, maar bly ook onafhanklik en selfstandig

Dis belangrik dat jou man rustig sy onverdeelde aandag aan sy beroep kan gee. Jou ondersteuning is die brandstof wat hom tot hoër hoogtes aanspoor. Solank “jy” net nie uit die prentjie verdwyn nie.

As vrou het jy ’n belangrike rol om te sorg vir balans op alle gebiede van ...

Agter elke suksesvolle man staan ’n ewe suksesvolle vrou. Jy ondersteun jou man in alles wat hy doen. Maar onthou, jy is ook ’n mens in eie reg.

Ondersteun jou man, maar bly ook onafhanklik en selfstandig

Dis belangrik dat jou man rustig sy onverdeelde aandag aan sy beroep kan gee. Jou ondersteuning is die brandstof wat hom tot hoër hoogtes aanspoor. Solank “jy” net nie uit die prentjie verdwyn nie.

As vrou het jy ’n belangrike rol om te sorg vir balans op alle gebiede van julle huwelik. Balans tussen werk en ons-tyd is mos altyd ’n tameletjie.

Julle moet mekaar ook die ruimte gun dat elkeen hom- of haarself kan uitleef in dít wat vir julle as individue belangrik is. Só ondersteun jy jou man op die beste manier:

Vroue van suksesvolle mans moet aanpasbaar wees, omdat daar baie amptelike geleenthede en tye kom wat hy weg van die huis moet wees. In sulke tye is vertroue in mekaar van die allergrootste belang.

Kweek ’n fyn insig ten opsigte van mense.

Jy moet ’n belangrike rol by werksfunksies speel, ’n gemaklike verhouding met sy werksmense hê en hom onvoorwaardelik vertrou. Jaloesie mag nie eers ter sprake kom nie!

Wees die wind onder sy vlerke. Hy moet weet jy is sy grootste aanhanger. Wees sy klankbord en luister na hom sonder om raad te gee. Net soos jy, wil hy nie altyd oplossings op al sy vrae hê nie, hy wil soms net gehoor word.

Moenie verander nie, bly net uniek jý!

Jy is nie net ’n ma of iemand se vrou nie, jy bly ook ’n individu. Geluk begin by jóú; kyk dus na jouself. As jy goed voel oor jouself, innerlik en uiterlik, werk dit ook aansteeklik op jou man.

Wanneer jy ’n verskil in ander mense se lewens maak, behou jy jou eiewaarde en gaan dit ook goed met jou huwelik.

Party vroue verloor hulle eie identiteit en leef deur hulle mans. Wees die beskikbare oor om objektief te luister wanneer jou man dit nodig het, maar bly ook onafhanklik en selfstandig.

Moenie die suksesleer namens mekaar klim mie

Sorg dat daar genoeg tyd is sodat jy kan doen wat vir jou belangrik en lekker is. Jy móét iets kry wat jou uitdaag om te groei, anders bly jy agter.

Moenie die suksesleer namens jou man klim, ’n laspos wees of inmeng nie. En moet nooit dat jou man se sukses jou grootkop maak nie, want die lewe kan wipplank ry met ’n mens!

Werk saam met mekaar, nie téén mekaar nie. Intelligente vroue “lees” hulle mans. Skep ’n verhouding waarin julle mekaar kan leer ken sodat jy as ’n buffer vir hom kan optree as hy deur ’n stresvolle tyd gaan.

Sorg dat julle ’n vaste afspraak het waar julle julle gevoelens met mekaar kan deel. Kry die kinders in die bed, skakel die selfone af en práát. Geen gekerm, rekeninge en stukkende krane nie. Sorg vir ’n veilige, romantiese en vrolike atmosfeer.

Gee vir mekaar ruimte om sommer net te doen waarvan elkeen hou – alleen. Geniet ’n lekker lang bad met ’n boek in die hand, of lê plat op jou rug en kyk ’n fliek. Julle twee moet ook af en toe alleen wegbreek.

Bepaal julle onderskeie rolle duidelik. Om onnodige rusies en frustrasies te vermy, besluit saam presies wie doen wat – in die huis, met die kinders, vir mekaar. Haal die sleur uit sommige take, hou dit opwindend, maar hou hom ook betrokke en deel van die huisgesin.

Byvoorbeeld: Hy sorg vir aandete een aand per week – maak nie saak of dit slaai of braai is nie!

Jou man (en jy) is uniek, daar is nie nog een soos hy (jy) nie.

Komplimenteer hom en laat hom goed voel oor homself (en oor julle), maar hou hom in voeling met die dinge wat regtig saak maak. Help hom om nie in die rat race vas te val nie!

Deel die artikel

Méér artikels

Paartjies wat trou, glo dat hulle nugter is oor wat voorlê. Tog is dit dikwels dieselfde mense wat later skei. ’n Strategiese plan is die ...

Haat jy dit as jou man alleen sy eie ding wil doen? Of pla sy besitlikheid jou? Dalk lê die oplossing in sy ouerhuis. Jou ...

Scroll to Top