Kollageen vertraag veroudering en gee jou ‘n stralende vel

Kollageen vertraag veroudering en gee jou ’n stralende vel

Kollageen is nie net noodsaaklik vir ’n jeugdige, stralende vel nie, maar hou ook verskeie ander gesondheidsvoordele in.

Ongeveer 30% van die proteïen in die liggaam is kollageen, waarvan 75% in die vel voorkom. Dit verskaf struktuur aan en verhoog die elastisiteit en vogtigheid van die dermis.

Dit versterk jou bene, en verseker elastisiteit en die vernuwing van die dermis, kraakbeen en been.

Dié gelatienagtige proteïen word natuurlik geproduseer, maar vanaf die ouderdom van 25 neem dit teen ’n tempo van 5% per jaar af. Dit is deel van die verouderingsproses.

Teen die ouderdom van 40 kan dit reeds met 40% tot 50% verminder het. Dit is een van die redes hoekom jou vel dunner word en fyn lyntjies en plooitjies op hierdie ouderdom hulle verskyning maak.

Jou vel en hare kan ernstige skade ly indien jy nie stappe doen om die kollageen te verhoog nie. Vroegtydige kollageenaanvullings kan jou liggaam help om te herstel en die verouderingsproses vertraag.

Navorsing toon dat die gereelde inname van gehidroliseerde kollageen, wat die beste deur die bloedstroom opgeneem word, algemene selgesondheid verbeter en ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Is jy passievol oor ’n loopbaan in somatologie om ander se gesondheid en voorkoms te verbeter? By die Isa Carstens® Akademie kan jy ’n verskil ...

Aknee, die ellende wat menige van ons se tienerjare versuur het, kan ook op ’n latere ouderdom kop uitsteek. Olierige vel, swartkoppies en puisies is ...

Scroll to Top