Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) se onderwyskongres bring onderwysers, skoolleiers en kenners bymekaar om praktiese idees, nuwe perspektiewe en oplossings vir die toekoms van Afrikaanse onderwys te deel.
’n Kongres wat fokus op die toekoms van Afrikaanse onderwys
Die SOS se Nasionale Onderwyskongres vind vanjaar van 23 tot 25 Junie 2026 by die Voortrekkermonument in Pretoria plaas.
Hierdie kongres bring onderwysers, skoolleiers en ander rolspelers in die onderwysgemeenskap bymekaar met een gedeelde doel: om saam te dink, saam te leer en saam oplossings vir die toekoms van Afrikaanse onderwys te vind.
Die program sluit die Toekomsberaad van Afrikaanse Onderwys en die SOS-leierskapskongres in, waar belangrike gesprekke gevoer word oor die uitdagings en moontlikhede binne die onderwyslandskap.
Sprekers soos dr. Dirk Hermann (bestuurshoof van Solidariteit), dr. Theuns Eloff (akademikus) en prof. Irma Eloff (professor in opvoedkundige sielkunde) deel perspektiewe oor volhoubare Afrikaanse onderwys, gehalte-onderrig en sterk onderwysleierskap.
Hierdie sessies fokus nie net op probleme nie, maar ook op praktiese oplossings en nuwe maniere om onderwysgemeenskappe sterker en meer volhoubaar te bou.
Kom leer, skakel en kry nuwe inspirasie saam met mede-onderwysers by die SOS Onderwyskongres 2026.
Registreer hier!
Praktiese idees wat direk in die klaskamer gebruik kan word
Die verskeidenheid praktiese opleidingsessies wat aangebied word vir verskillende fases en vakgebiede sal beslis van groot waarde wees.
Hier kry hulle die geleentheid om nuwe idees, kreatiewe strategieë en moderne hulpmiddels te ontdek wat onmiddellik in die klaskamer toegepas kan word.
Die program sluit sessies in oor wiskunde, tale, wetenskap, robotika, tegnologie en persoonlike ontwikkeling.
Die inhoud is relevant en prakties met onderwerpe soos kreatiewe probleemoplossing, hoofrekene sonder trane, interaktiwiteit in die taalklas en KI in klaspraktyk.
Daar is ook spesifieke sessies vir grondslagfase-, intersenfase-, seniorfase- en VOO-onderwysers.
Dit beteken dat elke onderwyser inhoud kan kies wat van toepassing is op hul eie klaskamer en leerders.
Die fokus bly deurentyd op bruikbare idees wat onderwysers ondersteun en inspireer.
Netwerkgeleenthede en inspirasie vir elke soort onderwyser en leier
Benewens die formele sessies, bied die kongres ook waardevolle netwerkgeleenthede waar onderwysers met kollegas, kenners en ander rolspelers in die onderwysbedryf kan skakel.
Hierdie gesprekke lei dikwels tot nuwe idees, ondersteuning en samewerking wat lank ná die kongres voortduur.
Die program is só saamgestel dat daar iets waardevol vir elke soort onderwyser is. Of jy nou in die grondslagfase werk, ’n vakspesialis is of deel vorm van ’n bestuurspan, daar is sessies en gesprekke wat jou perspektief kan verbreed en nuwe energie kan gee.
Inspirerende sprekers soos sanger en komediant Nataniël, jeugskrywer Jaco Jacobs en lewensafrigter Myan Subrayan verseker dat die program nie net inligting deel nie, maar ook motiveer.
Die kongres skep ruimte vir onderwysers om nie net met nuwe kennis huis toe te gaan nie, maar ook om herinner te word waarom hul werk so belangrik is.