Kry balans in jou druk lewe

Kry balans in jou druk lewe

“Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.”

(Lukas 10:41-42)

Is jy ’n natuurlike “gewer” – ’n besige Martatjie? Altyd doenig met God se dinge – “goeie” werke vir die kerk, gesin, skool, oral waar vlytige hande en energie nodig is?

Die wêreld het Martas nodig – vroue wat nie wegskram om te help waar hulp nodig is nie. Jy kry hierdie hardwerkende vroue agter die ...

“Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie.”

(Lukas 10:41-42)

Is jy ’n natuurlike “gewer” – ’n besige Martatjie? Altyd doenig met God se dinge – “goeie” werke vir die kerk, gesin, skool, oral waar vlytige hande en energie nodig is?

Die wêreld het Martas nodig – vroue wat nie wegskram om te help waar hulp nodig is nie. Jy kry hierdie hardwerkende vroue agter die skerms besig om sop te maak, skottelgoed te was, te organiseer en die kalf uit die put te trek.

Die Martas van die lewe organiseer dinge om dit vir ander gemakliker te maak. Hulle dra die werklas, kommer en verantwoordelikheid. Hulle droom nie – hulle doen. En God keur hierdie edel eienskap goed. Hy waarsku ook die hardwerkende Martatjies om waaksaam te wees en nie hul eerste prioriteit verkeerd te kry nie, naamlik om by Hóm uit te kom.

Hardwerkende vroue kan maklik in die strik van die vyand trap, deur so besig te wees met organisering dat hulle die “hoofmaaltyd” misloop – naamlik stil alleentyd by sy voete. Wat ’n tragedie.

Is daar balans in jou lewe? Voel jy dikwels moeg, jaloers en self geïrriteerd nadat jy weer “al die werk” gedoen het, terwyl ander ontspan?

Leer by Maria. Trek soos sy die deur doodeenvoudig toe vir die wêreld se roepstemme. Sit soos Maria die skinkbord met (kom)kommer neer en ontspan vir ’n wyle sorgeloos by Hóm.

Niks is belangriker as daardie stiltetyd nie. Selfs nie om sop te gee vir 1 000 honger kinders nie. Wat help dit jy gee sop aan duisende, maar het self nooit tyd om sy Sopkombuis te besoek nie? Jy self bly sielshonger.

Laat Hy jou balans leer sodat jy nie Hom, die ware hoofmaal, sal misloop deur te veel werke nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top