Leer om… God se teenwoordigheid te voel (selfs al is Hy stil)
“Soms ervaar ons dat ons God nie hoor nie,” sê LYNETTE BEER, aanbieder van die E–KURSUS God praat – hoor jy dit?
God werk in die stiltes van ons lewens
Ons moet tyd maak sodat God met ons hart kan praat. God werk in die stiltes van ons lewe.
Daarom is stilte nodig om God se antwoorde te kan hoor. Dis dié luister-gedeelte van gebed wat ons nie so lekker regkry nie. Die pratery, die lysies maak en om te vra, kom maklik vir ons.
Maar om te luister, beteken om stil te bly. Ons moet tjoepstil wees. Ons moet wag tot ons die antwoord in die stilte kan raak hoor.
Stilte is een van God se seëninge. Dit berei ons voor om God dieper te kan ken. Ons skakel in op wie Hy is en op Sy doel met ons lewe.
Ons wil graag God se antwoorde in die stiltes leer hoor. Dan moet ons by ons eie innerlike stilte uitkom. Dis makliker gesê as gedaan, want ons moet eers die gedruis in ons kop stilkry. Daarvoor ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
“Dit is maklik om te sê jy is nuutgebore. Maar het jy regtig toegelaat dat God jou prioriteite nuut skryf?” vra Lynette Beer, aanbieder van ...
Om meer kreatief te kan wees, moet jy jou gedagtes ontvanklik hou vir nuwe en onbekende dinge, sê die kreatiwiteitskenner KOBUS NEETHLING. Dit verg durf ...