Leer-om…-Soos-’n-moderne-Spreuke-31-vrou-te-leef_result

Leer om… Soos ’n moderne Spreuke 31-vrou te leef

“Daar is baie aspekte as vrou waaraan jy moet aandag gee,” sê ALETTÉ WINCKLER, aanbieder van die E–KURSUS Jý is ook ’n Spreuke 31–vrou.

Daar is baie uitdagings en vereistes van vrouwees

Kom ons wees eerlik. Die uitdagings en vereistes om ’n vrou te wees, kan báie intimiderend wees.

Jy moet seker maak jou man is gelukkig en dat jy genoeg liefde en aandag aan hom gee. Jou kinders verg ook elke sekonde wat hulle by jou is jou aandag.

En om hulle as ...

“Daar is baie aspekte as vrou waaraan jy moet aandag gee,” sê ALETTÉ WINCKLER, aanbieder van die E–KURSUS Jý is ook ’n Spreuke 31–vrou.

Daar is baie uitdagings en vereistes van vrouwees

Kom ons wees eerlik. Die uitdagings en vereistes om ’n vrou te wees, kan báie intimiderend wees.

Jy moet seker maak jou man is gelukkig en dat jy genoeg liefde en aandag aan hom gee. Jou kinders verg ook elke sekonde wat hulle by jou is jou aandag.

En om hulle as goeie, opgevoede volwassenes die wêreld in te stuur, moet jy hulle ook met die regte waardes grootmaak.

Tussen jou man en kinders het jy ook nog ’n baas wat in jou nek blaas, sperdatums wat gehaal moet word, jou vriendin voel al soos ’n vreemdeling en dan is daar nog ’n komitee of vroueoggend waarby jy ook moet uitkom.

Om te voorkom dat jy nie uitbrand of heeltemal jou kop verloor nie, moet jy tyd vir jouself ook maak!

Wanneer ons terugkeer na die Woord en net weer vir ’n slag ons fondasie regkry, beïnvloed dit hoe jou lewe en familie lyk.

In alle opsigte is vroue net fantasties

’n Vrou is kompleks. ’n Vrou is uniek. ’n Vrou is die kroon van God se skepping.

Eintlik is jy reeds al hierdie goed wat in Spreuke 31 genoem word!

Ons moet dit net besef, glo, spreek en begin leef.

Ons is multidimensioneel en het soveel fasette wat ons kan verbeter en mooi kan maak.

Uiterlik kan ons aandag gee aan ons vel, hare, grimering, tande en naels om mooier te lyk en beter te voel! Dan is daar ook ’n vrou se geloof, haar binnekant en haar familie.

Voeg hierby ’n voltydse beroep of twee om die pot aan die kook te hou en dan begin jy meer verstaan van multidimensioneel.

G’n wonder ons brein werk deur miljoene konneksies wat elke millisekonde in duisende sparks met mekaar kommunikeer nie!

Ons kan en móét multitask om net te oorleef.

Ons is amazing! In alle opsigte is vroue net fantasties! Ons besef net nie aldag hoe wonderlik ons is nie.

Ons voel woordeloos, nutteloos en hulpeloos, maar dit is nie wat God vir ons beplan het nie.

Vroue moes uiteindelik die mooiste pêrels in Sy kroon word.

Ongelukkig word pêrels nie mooi “gebore” nie.

Pêrels begin as sandkorreltjies wat deur baie wrywing en baie pyn en baie ongemak geskaaf en geskuur word om uiteindelik te word wat hulle bedoel was om te wees.

Hopelik besef jy, semi-sandkorrel wat jy nou miskien is, dat die pêrels regtig die moeite en die pyn en die opoffering werd is.

Dit is al waaroor dit gaan!

As God jou van binne af nuut gemaak het, gaan elke faset in jou lewe verander en gaan jy vanselfsprekend word soos die Spreuke 31-vrou.

Deel die artikel

Méér artikels

Is Jesus bloot ’n uitsonderlike leier van die verlede, of speel Hy vandag nog ’n rol in ons lewe? Jy hoef net rondom jou te ...

Blinde sanger VERNON BARNARD leef in ’n stikdonker wêreld. Nogtans bly hy gefokus om die lig aan sy binnekant wat hom deur elke slaggat en ...

Scroll to Top