Let op na jou liggaam se gevaartekens
- Gesond
- Ellenore Meyer, mediese dokter
Metaboliese sindroom is ’n leefstylsiektetoestand wat wêreldwyd al hoe meer voorkom en hou ’n enorme bedreiging vir jou gesondheid in.
Metaboliese sindroom kom by een uit vier volwassenes voor.
Dit is ’n kombinasie van al die risikofaktore wat tot kardiovaskulêre siektes, beroerte, nierprobleme en diabetes kan lei. Die sindroom het op sigself nie simptome nie.
Dit is eerder ’n kombinasie van ’n aantal simptome van ander toestande, soos hoë bloeddruk, hoë LDL (“slegte” cholesterol), hoë trigliseriede (bloedvette), lae HDL (“goeie” cholesterol), insulienweerstandigheid en hoë bloedsuiker.
Hierdie tekens word geassosieer met oorgewig en vetsug (obesiteit) en word veral gekenmerk deur vet om die middellyf.
Die hoofoorsaak is leefstylfaktore soos verkeerd eet, te min oefening en onbehandelde risikofaktore.
Drie of meer van die volgende kan daarop dui dat jy metaboliese sindroom het: ’n middellyfomtrek van meer as 80 cm, ’n liggaamsmassa-indeks (LMI) van meer as 30, trigliseriede hoër as 1.7, HDL-cholesterol laer as 1, LDL-cholesterol hoër as 2.7, bloeddruk hoër as 130/85 en vastende bloedsuiker hoër as 5.6.
Hierdie aspekte kan jou kanse op ’n voortydige dood beduidend verhoog. ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Oudword is een van die onvermydelike realiteite van die lewe. Hierdie nuwe tydvak hoef egter nie ’n krisis te wees nie. Hoe jy hierdie metamorfose ...
Daar is verskeie risikofaktore wat jy in ag moet neem voordat jy besluit of jy medikasie vir cholestrol gaan gebruik of nie. Statien verlaag cholesterol ...