Los die werkende ma-skuldgevoel! Serahni Symington

Los die werkende ma-skuldgevoel!

As jy soos die meeste werkende ma’s is, voel jy dalk asof jy altyd tekort skiet wanneer dit kom by genoeg doen vir jou kinders. Gekwalifiseerde berader SERAHNI SYMINGTON het tydens die Oulike ma– bederfdag gesê jy kan regtig glo dat jou kinders goed sal uitdraai, ongeag die ure wat jy nie by hulle is nie.

Ons het almal oomblikke in ons dag wat ons nie ons volle aandag aan ons kindertjies kan gee nie. Dan voel ons skuldig dat ons nie genoeg doen om ons kinders se geluk te verseker nie. Dat ons nie ...

As jy soos die meeste werkende ma’s is, voel jy dalk asof jy altyd tekort skiet wanneer dit kom by genoeg doen vir jou kinders. Gekwalifiseerde berader SERAHNI SYMINGTON het tydens die Oulike ma– bederfdag gesê jy kan regtig glo dat jou kinders goed sal uitdraai, ongeag die ure wat jy nie by hulle is nie.

Ons het almal oomblikke in ons dag wat ons nie ons volle aandag aan ons kindertjies kan gee nie. Dan voel ons skuldig dat ons nie genoeg doen om ons kinders se geluk te verseker nie. Dat ons nie genoeg doen om die mense rondom ons te beïndruk nie.

Maar is dit gesond? En help dit ons? Op die ou end is skuldgevoel ’n emosionele respons, want ons is gestres. So, wat kan ons nou met hierdie skuldgevoel doen?

Los die werkende ma-skuldgevoel deur te delegeer

Wat as ek van hierdie rolle delegeer? Wat as ek van hierdie rolle ’n bietjie uitdeel?

Wat as jy iemand kry om jou kinders by die skool op te laai en huis toe te bring? Wat as jy daai vriendin van jou wat aandetes pak, kry om jou aandete vir jou uit te sorteer? Wat as jy iemand kry om een of twee keer per week jou huis te kom skoonmaak? Wat as ouma ’n bietjie instaan?

Wat gebeur as ons ’n bietjie delegeer? Wat leer ons vir ons kinders? Ons leer hulle ’n sosiale vermoë. Ons leer hulle om te bind en verhoudings te bou met ander, nie net met onsself nie. En dit is ’n baie belangrike vaardigheid.

Dit vat nie my rol as mamma weg nie, hulle is steeds net so lief vir my. Ons verhouding het nie skade gely omdat hulle ’n verhouding met iemand anders het nie.

Vind balans tussen jou werk en gesin

Balans is iets wat baie persoonlik is. Vind die balans wat op jou en jou gesin van toepassing is.

Hoe lyk julle balans? Wat beteken balans in julle temperamente, in julle skedule, in julle huis.

Maak jou eie definisie van balans, want dan gaan jy makliker daarby hou.

Ek kan by die werk wees en my passie uitleef, want ek is mal oor wat ek doen, en ek kan huis toe gaan en ek voel vervuld. Wanneer ek by die huis is, is ek by die huis.

Skei jou werk van jou huis deur jou selfoon af te sit. Grense is moeilik, maar om jou selfoon af te sit is makliker. My beste uitvindsel van Google Mail is dat ek ’n out of office het wat vyfuur in die middag afgaan – ek is nie hier nie, ek gaan nie jou e-pos lees nie, sien jou later.

Skei jou beroep van jou huis met gewoontes

Skei jou werk van jou huis deur ’n transisie-oomblik.

Hoe beweeg jy van werk na mamma en van mamma na werk? Het jy ’n doelgerigte intensionele oomblik waar jy afskakel?

As ek van die kantoor af huis toe ry dan stop ek eers langs die pad, voor die kinders my kar sien, en ek sit in my motor en ek luister ’n liedjie wat vir my iets beteken en ek haal asem.

Ek sê vir myself jy is klaar gewerk, dit is nou verby. Nou gaan jy met ’n vet glimlag op jou gesig by daardie huis instap, want jou kindertjies wag al die hele dag net vir jou.

Skep gewoontes in plaas van roetine. Roetine is ’n baie mooi en idealistiese manier om die wêreld aan te pak. Roetine is egter nie altyd volhoubaar nie, maar gewoontes is.

As jy aand- en oggendrituele kan begin kweek raak dit ’n gewoonte.

Leef in die oomblik en voel minder skuldig

Die laaste ding is selfsorg. Selfsorg vir my meer as net naels verf of in die bad gaan lê. Selfsorg is partykeer wanneer jy in jou kantoor sit en daar is niemand nie. Dis net ek. Geniet hierdie oomblik.

Ek sit in hierdie oomblik stil.

Ek lê nou die aand by my seuntjie, hy is siek, en hy lê op my bors met sy koppie. Hy hou my so styf vas en ek dink, drink hierdie oomblik in.

Ja, hy is siek en ek kan nie nou daai e-pos tik wat ek wou getik het nie. En ek kan nie vir my man of my dogtertjie aandag gee nie, maar ek is nou hier saam met hom. En in hierdie oomblik drink ek dit in.

Want ek geniet die oomblik en daai oomblik is selfsorg vir my. Om bewus te wees van die voorreg. Daai oomblik is vir my beautiful.

Deel die artikel

Méér artikels

Jy moet aanpas by jou droom, want jou drome gaan verander, het verhoudingskenner LYNETTE BEER tydens die EkwilEkkanEksal-konferensie vertel. Identifiseer jou droom en jou struikelblokke  ...

Dit is belangrik om kinders toe te rus met lewensvaardighede. Besigheidsafrigter ELSA GROENEWALD vra: Maar is dit genoeg? Voorbereiding vir jou kind se plek in ...

Scroll to Top