Mense, nes geboue, het onderhoud nodig
- GeloofsTERAPIE
- Nadia Beukes
Fokus weer op die drome wat jy van jou fondasie af in jou hart se kamers bêre. Bou daardie droomhuis en laat die hoop en beloftes van reën jou inspireer om jou beste te wees, sê NADIA BEUKES.
Splinternuut, modern en op die oog af perfek aanmekaargesit pryk die gebou in die stadsverkeer. Die verkeerslig slaan oor na rooi en ek kry kans om dit van hoek tot kant te bekyk.
Die ontwerp is indrukwekkend en die afwerking baie netjies. Hoeveel gelukkige en dalk ook hartseer oomblikke gaan binne hierdie mure beleef word, en deur wie? wonder ek.
Alles op sy tyd. Alles op Sy tyd.
My oog tref die groot, wit inligtingsbord op die hoek van die perseel. Die bord is vol van die name van mense en maatskappye wat almal ’n bydrae tot die ontwikkeling gemaak het. Dit is egter net die amptelike name. Die name van die werknemers verskyn nêrens.
Baie maande het verbygegaan terwyl al hierdie werk gedoen is. Ek het gereeld verbygery en die hele proses dopgehou, die bakstene gesien voor hulle gepleister en geverf was. ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Krap die wortels van jou vrees oop en put energie daaruit, sê LISA BOSMAN. Anders sal dit jou pootjie en keer dat jy jou roeping ...
Die kuns is nie om minder van jouself te dink nie, maar eerder om minder aan jouself te dink. Om ander se behoeftes eerste raak ...