
Motivering om gedrag te verander
Daar is bewys dat waarskuwings en dreigemente ’n baie beperkte invloed het om mense se gedrag te verander.
Onlangse navorsing wys dat mense makliker uit opbouende aanmoediging leer as uit negatiewe skrik-op-die-lyf-jaag-pogings.
Dink byvoorbeeld aan die aanmaning op sigaretpakkies – Smoking kills. Skrik dit die rokers af? Nie vir ’n oomblik nie.
Hoe werk dit? Navorsers sê dit het te make met hoe ons brein werk. Daar is drie beginsels betrokke. Die eerste een is die sosiale dryfveer. Mense sien wat ander doen en wil nie afsteek nie. ’n Sensor in die emosionele brein sê vir jou dat jy ten minste dieselfde of beter as jou medemens kan presteer.
Die tweede beginsel is dat mense onmiddellike vergoeding bo langtermyn resultate kies. Die toekoms voel vir ons so ver weg dat die erkenning of plesier wat ons hier en nou geniet meer werd is as ’n vrees vir byvoorbeeld kanker.
Derdens is bewys dat die brein konstruktiewe inligting makliker en vinniger prosesseer. Dis daarom slimmer om positiewe nuus of suksesse te beklemtoon as dreigemente of strafmaatreëls. Sukses gee ’n mens ook ’n gevoel van ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Deernis beteken om daar te wees vir iemand anders. Om haar by te staan en te laat weet sy is nie alleen nie. Maar ons ...
Soms kies ons om twee keer swaar te kry. Ons herleef die slegte tye van die verlede in ons gedagtes. Ons loop die oomblik waarin ...