My man en beste vriendin het ’n affair gehad

My man en beste vriendin het ’n affair gehad

Ek het vermoedens gehad. Enige vrou sou. Maar dit is maklik om te maak of jy nie weet nie. Jy verkies om al die tekens van ’n affair mis te kyk.

Die verlies van jou man en vriendin deur ontrouheid

Catherina was my beste vriendin. Ons het geheime gedeel en was saam laf. Sy was medisyne vir my hart, maar hierdie keer ook gif.

Sy en my man het ’n kantoor gedeel. Natuurlik sou daar stories wees, het ek myself getroos. En ons kon mos daaroor praat.

“Nooit,” het sy elke keer belowe. Nooit, ooit nie. Ek kon hulle saam vertrou, het sy gesê.
Tot my bittere, bittere spyt.

Sy was my klankbord en het altyd geluister. Dalk het ek te veel op haar staatgemaak. Eerder met haar gaan praat as om te bid.

Dit was verby tussen ons het hy op ’n dag gesê en uit die huis getrek. Ek wou haar vermoor.
My emosies was ’n gemors. Min het ek toe geweet dat pyn die Here se manier is om jou teen Sy bors vas te trek.

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Ek het die gebruik van my bene verloor. My toekoms gaan afhang van hoe ek met hierdie wrede werklikheid gaan saamleef. Want ek wil nie ...

Geopende Deure is ’n internasionale, niewinsgewende organisasie wat bystand lewer aan miljoene Christene reg oor die wêreld wat weens hulle geloof vervolg word.   God se ...

Scroll to Top