Oefening kan jou slaap- en stresvlakke verbeter
Wanneer laas het jy teruggesit en net vir ’n halfuur ontspan? Wat nog gepraat van oefen. Ons het nooit genoeg energie om te oefen nie. Dít terwyl dit juis oefening is wat meer energie gee.
Ons is altyd moeg in die aande, maar ons kry nie ’n oog toegemaak nie. Ons brein is net te besig. Oefening kan jou hiermee help. Dit put jou fisiek uit en verander jou breinpatroon.
Dit help jou om vinniger aan die slaap te raak, langer te slaap en beter te slaap … Dit verbeter die gehalte van jou slaap. En as jy beter slaap, gaan jou stresvlakke deur die dag laer wees.
Oefening kan direk en indirek jou slaapgehalte verbeter en jou stresvlakke verlaag. Direk, want jy is fisiek moeg ná ’n oefensessie. Jou liggaam het sekere prosesse nodig om te herstel. En dít gebeur wanneer jy slaap.
Indirek beïnvloed oefening ons op ’n positiewe manier. Dit lei tot gewigsverlies. Én jy gaan beter slaap as jy ’n bietjie gewig afskud.
Die endorfiene wat in jou liggaam vrygestel word – die sogenaamde goedvoelhormone – wanneer jy oefen, ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Ons almal weet dat porsiegrootte baie belangrik is. Presies hoe groot moet die verskillende porsies elke maaltyd op my bord wees? Porsies kan van mens ...
Dit is belangrik om vas te stel wat die effek van inflammasie spesifiek op jóú gesondheid en gewig is. Sodoende kan jy jou dieet en ...