[OUDIO] Kan ’n goeie selfbeeld jou ’n beter ma maak?

Luister na onderwyser en skrywer ZULÉKA SMIT se raad oor hoe ‘n goeie selfbeeld jou kan help om ‘n beter ma te wees.

Om ‘n gesonde balans te vind tussen ‘n suksesvolle loopbaan, ‘n gelukkige gesin en jou eie behoeftes is uitdagend. Dit is egter belangrik om nie jouself af te skeep en te verloor nie.

Selfbeeld is 'n kragtige en belangrike konsep wat die kern vorm van ons persoonlikheid en gedrag. Maar het jy al ooit gewonder hoe 'n gesonde selfbeeld nie net jou eie lewe beïnvloed nie, maar ook daardie van jou kinders?

Jou selfbeeld het ‘n direkte invloed op die manier waarop jy as ma funksioneer en kommunikeer met jou kinders.

'n Sterk selfbeeld onder moeders skep ‘n omgewing waarin jou kinders die geleentheid kry om te leer deur jou voorbeeld. Jou kinders kan dieselfde positiewe denkwyses dan in hul eie lewens toepas. Dit speel ‘n kritiese rol in die emosionele groei van ’n kind.

'n Positiewe selfbeeld kan jou 'n beter ma maak, en dit kan lei tot ‘n gesonder, gelukkiger huishouding.

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die oudio

Méér oudio's

Oefen jy net wanneer jy gewig wil verloor? Wanneer jou boude ’n bietjie kleiner moet wees vir daardie nuwe denim? Oefening hou egter soveel meer ...

Lynette Beer

“As jy ’n droomsoeker wil wees moet jy begin by die vraag: Wie is ek? Jy kan tog nie ’n droom leef as jy nie ...

Om te peusel of nie te peusel nie … Peuselhappies hou verskeie voordele en nadele in. Die belangrikste is egter om vas te stel wat ...

Scroll to Top