[Oudio] Maak gesonde keuses en verloor gewig
- Nuwe jy [Oudio]
- An du Plessis, huishoudkundige en dieetkundige
Daar is min twyfel oor die belangrikheid van gesonde en gebalanseerde eetgewoontes vir algemene fisieke gesondheid. Dit beïnvloed immers ook jou geestelike welstand.
Die regte dieet begin met jou inkopielys. Moenie kos met min voedingswaarde en wat hoog in vet is, koop nie.
Kies byvoorbeeld vars helderkleurige groente en vrugte. Kyk altyd na die etikette. Vermy produkte wat hoog in vet (hoër as 10% per 100 g) en laag in vitamiene en minerale is.
Jy kan steeds jou gunstelingkos geniet. Doen dit byvoorbeeld net een maal per maand, of deel dit met iemand. Wees altyd op die uitkyk vir gesonde variasies soos wortelkoek of volgraanmuffins.
Kies, waar moontlik, groente en vrugte byvoorbeeld in die vorm van sosaties of groentestokkies, saam met ’n laekilojoule-doopsous.
Onthou, vet maak vet! Kies gesonde vette soos olywe, avokadopeer, grondboontjiebotter, neute, olyf- of kanola-olie.
Hou altyd porsiegrootte in gedagte. Moet nooit jou bord oorlaai nie. Eet eerder meer gereeld kleiner etes om hongerpyne te stil. Eet veral met aandetes kleiner porsies stysel en vleis, en kos met ’n lae kilojoulewaarde.
Minder kos beteken ...
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die oudio
Méér oudio's
Dis belangrik om te onthou dat jy in die wêreld is om diep spore te trap. Dit maak nie saak wat gebeur nie. Dit wat ...
Cherise Vermeulen, skrywer en vervaardiger van TV-programme vir kinders
Ons verheerlik God nie sodat Hy daaruit kan voordeel trek nie, maar sodat óns kan! Dit beteken nie dat Sy aanbidding op ons behoeftes gebaseer ...
Esther Taljaard, filantroop en digitale bemarker
As daar net meer tyd was … Hoeveel van ons gebruik hierdie woorde? Begin dadelik in die nóú leef en keer so dat jy enige ...