Andriëtte Norman

ANDRIËTTE NORMAN │ Sukkel jy met ’n gebrek aan selfvertroue? 

Dis lekker om te sien hoe ons kinders met sterretjies in hulle oë na my kyk. Die hoogtepunt van elke dag is vroegoggend, wanneer die warm lyfies langs ons in die bed kom kruip.

Elke minuut word gekoester, want wie weet hoe lank dit gaan hou? En die jongste enetjie, wat nog te klein is om self op te klim, se eerste roep as die ogies oopgaan, is: Maaaammaaa!” Dis die mooiste woorde nog.

Vir hulle is hiérdie ma goed genoeg, en dis al ...

Dis lekker om te sien hoe ons kinders met sterretjies in hulle oë na my kyk. Die hoogtepunt van elke dag is vroegoggend, wanneer die warm lyfies langs ons in die bed kom kruip.

Elke minuut word gekoester, want wie weet hoe lank dit gaan hou? En die jongste enetjie, wat nog te klein is om self op te klim, se eerste roep as die ogies oopgaan, is: Maaaammaaa!” Dis die mooiste woorde nog.

Vir hulle is hiérdie ma goed genoeg, en dis al wat tel …  

As almal tog maar net so ruimhartig was. In die sangbedryf word ’n mens erg blootgestel aan ander se opinies, maar met tyd en ervaring kom daar ook wysheid oor hoe om dit beter te hanteer.

Aan die begin het elke stukkie negatiewe kommentaar my verskriklik gepla. Dit was gewoonlik aanmerkings oor gewig, wat maar nog altyd ’n uitdaging is. Ek is baie lief vir eet en lekker kosmaak, maar nie so lief vir oefen nie!

Tog leer ’n mens om jouself te waardeer, ondanks die tekort-kominge, en gelukkig is daar baie mense wat vir jou lief is nes jy is.

Dit bly ’n uitdaging om goed te lyk en vol selfvertroue op te tree …

Veral as daar mense is wat dink hulle het die reg om te sê net wat hulle wil.

Deesdae word die enkele lelike aanmerkings geïgnoreer, en troos ek myself daaraan dat mense lelike goed kwytraak om hulleself beter te laat voel.

Die belangrikste is om net jouself te wees. Dit maak ouer word eintlik wonderlik, want naderhand gee jy regtig nie meer om wat ander dink nie.

Bekendheid is eintlik glad nie belangrik nie en is glad nie waaroor hierdie beroep gaan nie.

Ek sien myself op presies dieselfde vlak as ander mense. Al wat verskil, is die openbare platform wat ingespan kan word om iets vir ander te beteken.

In my jonger dae was ek ook maar hard op myself …  

Alles moes perfek wees.

Partymaal word daar steeds in hierdie slaggat getrap, maar tree vir tree word ’n mens se perspektief oor die lewe groter.

Niks sal, of hoef ooit perfek te wees nie – en dis oukei, want dit herinner jou daaraan dat ons almal net mense is. Die foute en tekortkominge hou ons voete op die aarde.

Elke fase in die lewe stroop ’n mens eintlik stuk-stuk van dit wat onnodig en oorbodig is, totdat slegs die dinge wat werklik belangrik is, oorbly.

Ek kyk na my ouers en besef: Dít is my grootste droom. Dis waarna ek streef. ’n Lewe van eenvoud, waar liefde en vrede al is wat saak maak.

Deel die artikel

Méér artikels

Elke keer wanneer die lewe haar wil–wil onderkry, besef DESIRÉ GARDNER opnuut hoe dapper sy eintlik is. Haar deurbrake gebeur wanneer sy prakties raak: opstaan, ...

MINKI VAN DER WESTHUIZEN se positiewe ingesteldheid is vasgemessel deur ’n paar lesse wat sy vandag met oortuiging leef. Wees positief en sien die goeie ...

Scroll to Top